Page 1 of 1
Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Feb 17, 2025 5:26 pm
by Lukie
Middag aan almal
Ek is besig met ladingontwikkeling vir nuwe koeels vir my 25-06.
Peregrine VLR5 104 gr
Doplengte 62.2 mm
Dopvolume 69 gr
TPL 82 mm
Trompsnelheid 3207 fps gemiddeld
Die volgende is wat ek op QL regkry nadat ek die spoed gechrony het. Dit lyk of node 4 dan op 49.6 gr kan wees, maar dan is die druk 57656 psi.
(Max is 65267 psi.) Is die voorspelde druk nog aanvaarbaar?
Enige hulp is welkom.
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Feb 17, 2025 5:38 pm
by Andre308
Jou dop vul is baie laag.
Groete
Andre
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Feb 17, 2025 7:01 pm
by Lukie
Dankie Andre. Stel jy 'n ander dryfmiddel voor?
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Feb 17, 2025 7:45 pm
by Andre308
Naand Lukie,
Om jou eerste vraag te andwoord, jy sal kan skiet op die lading wat jy hier bo gepos het.
En ja, ek het nou nie my rekenaar by my nie, maar ek glo jy behoort beter dop vul te kry met N560.
Maar gaan skiet jou lading en kyk wat hy maak. Ons is soms so vasgevang in seker "reels" dat ons soms iets mis. Net miskien werk daardie setup goed.
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Feb 17, 2025 9:13 pm
by tripodmvr
My berekening verskil effe van joune. 49,9gr vir 3250vps. Druk 58K psi.
Ek bereken gewoonlik om 5000psi onder maks te wees. Hierdie lading is gemaklik onder. N560 sal moontlik beter vaar, maar ek stem saam met Andre308. Kyk hoe hy maak. Die 49gr lading kan moontlik al begin wys het of daar potensiaal is. Grootte van groep?
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Feb 17, 2025 9:50 pm
by Lukie
Dankie vir die raad, menere.
Die groepering is nog nie waffers nie. 4 duim op 200 m vir die 7 skote wat ek deurgesit het, om eerlik te wees. (Kan heel moontlik die skut se skuld wees.)
Ek sal opdateer na die volgende sessie.
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Tue Feb 18, 2025 6:31 am
by tripodmvr
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Sat Mar 15, 2025 8:10 pm
by Lukie
Terug van die baan af met nuwe resultate:
Met die 49.9gr N550 is die gemiddelde snelheid 3187.8 fps
Met 51.1gr N550 kry ek 3191.6 fps en 'n beter groepering. (Geen druktekens nie.)
Wat reken julle? Moet ek hom nog opvat met die lading, of 'n ander dryfmiddel probeer? Die data oor N550 vir 25-06 is maar min.
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Sat Mar 15, 2025 10:13 pm
by Lukie
Screenshot 2025-03-15 220952.png
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Sun Mar 16, 2025 1:57 pm
by tripodmvr
Kyk na hierdie berekening wat op node is
Lukie 25-06 1.png
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Sun Mar 16, 2025 6:14 pm
by Lukie
Baie dankie!
Ek gaan hom so bietjie moet "tweak," ek sien die bullet weight op Oom se berekening is 103gr. Ek gebruik die 104gr punte.
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Sun Mar 16, 2025 6:16 pm
by Lukie
Hoe lyk hierdie?
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Mar 17, 2025 11:25 am
by tripodmvr
https://peregrinebullets.com/wp-content ... -Rev14.pdf
Gewig aangepas - slegs 0,1gr verskil
Lukie 25-06 2.png
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Mar 17, 2025 1:08 pm
by Lukie
Baie dankie, Oom. Ek waardeer dit opreg.
Ek sien nou waar ek fout maak elke keer - ek herstel nie die Burn Rate Factor vanaf die oorspronklike gegewens af nie. Sodra ek dit wel doen, dan klop my QL met Oom s'n.
Re: Raad met 25-06 lading
Posted: Mon Mar 17, 2025 1:12 pm
by tripodmvr
Toemaar, het al baie glipse met QL gemaak. Een verkeerde stukkie data en jy het probleme. Looplengte, TPL, dopvolume, lading en spoed is die vyf wat jy moet nagaan. Laat weet hoe skiet die geweer met daardie lading.