Page 1 of 1
Kos vir langs die see… hengel
Posted: Mon Feb 24, 2025 9:49 pm
by JohanvB
Was nou paar dae in Henties, het see maar sleg gevang met Hoë deinings, rooi gety en swael, maar dis die natuur.. steeds lekker gewees, groot voorreg!!
Maar, elke dag klomp brood met peanut butter en jam broodjies! Al daai stysel is mos sleg vir ‘n mens maar tog die maklikste “kos” om in te pak..
Watter ander alternatief het julle om weg te kom van die broodjies en stysel??
Braai langs die see is nie ‘n opsie nie
Ek luister graag.
Dankie
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 8:21 am
by alecjohnson
gesnyde vrugte soos waatlemoen spanspek, mango dit kan egter lekker swaar raak, tuna met volkoring broodjies van provita ; neute mengsel van jou eie gunsteling met droëwors en 'n stukkie biltong vir later of gekookte eiers, frikadelle en een wat ek baie van vergeet en afskeep is springmielies, vat baie plek maar kan lank knibbel aan 'n koppie pitte wat gepop het. Wat ek ook baie inpak werk toe, is rolled oats(1koppie met 2 koppies water gekook vir 20 min met kaneel poeier en sout) skep daai uit en sit twee lekker eetlepels grondbone botter oor en so 'n eetlepel heuning oor.
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 9:10 am
by ZKK
Iets wat vir my baie prakties werk is pizza.
Bestel pizza die vrydag, sit defintief ekstra kaas by.
In die yskas, en Saterdag oggend in n kosblik.
Werk net makliker as dit reen of wind waai as brood.
Dalks n goeie idee om maar van hoender af weg te bly, veral as jou boks bietjie warm word.
Ek klap gewoonlik die regina, nie veel wat n man kan siek maak nie
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 10:15 am
by JohanvB
Ons wil so vêr moontlik weg beweeg van stysel af
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 11:13 am
by avo
drinking jogurt is jou vriend. jy kan self oats ingooi as jy wil.
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 11:35 am
by Capt. Yoda
Ja nee klink of julle manne op n date gaan, drinking yoghurt en n paar energy bars of n stuk bilting en dan bier vir brunch.
More ogend gaan jy elk geval vanaand se oorskiet braai vir ontbyt eet
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 12:49 pm
by Eduard Venter
Kry vir julle lekker geelvet biltonge daar by Hartland Slaghuis in Henties. Ek was nog nooit self daar nie, maar my bek water as ek hulle fotos sien!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 12:59 pm
by finch
Klink of uitgedroogte see bamboes met vegan botter en rou heuning net die ding is wat julle soek... Spot net.
Een van die hoof redes hoekom ek maar draf en oefen is sodat ek nog steeds kan lekker eet. Sterkte my raad gaan julle nie help nie. Een raad wat wel vir jou kan gee is n fles koffie (met n beskuitjie vir die wat nie bang is vir stysel nie) by die see is n moet !
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 2:30 pm
by sako 30-06
Bier, biltong en chips, as jy fancy wil wees neute.
Dis mos maar soos jag, so dieselfde reels geld.
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 3:24 pm
by JohanvB
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 3:35 pm
by Supacow
1xhard gesoute bokom
Dan drink jy jou dik aan die water
Re: Kos vir langs die see… hengel
Posted: Tue Feb 25, 2025 3:38 pm
by Witpietskiet
Braai net genoeg vleis die vorige aand, koue braaivleis loop mooi die volgende dag saam met n paar yskoue Tafel Lagers...