Page 1 of 1
Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Sat Mar 22, 2025 12:32 pm
by TFDADD
ʼn Onlangse studie deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se Navorsingseenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewing en Samelewing (TREES) ondersoek hierdie omstrede en dikwels misverstane bedryf vanuit ʼn ongewone hoek: deur die oë van die jagters self.
Eerste in sy soort jagstudie
Re: Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Sun Mar 23, 2025 12:43 pm
by Giepie
Ek het die artikel gou gelees. Dit sê nie vir my as SA jagter veel nie, behalwe dat ons die impak wat ons op die samelewing het onderskat. Aspekte van jag soos wat in 'n ander draad uitkom,
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=92435 , wat baie wyd is, word nie volgens my in ag geneem nie. Daar word darem gesê dat verdere ondersoeke nodig is.
Re: Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Mon Mar 24, 2025 10:10 am
by TFDADD
by Giepie » 23 Mar 2025 12:43
Ek het die artikel gou gelees. Dit sê nie vir my as SA jagter veel nie ...
Daar word darem gesê dat verdere ondersoeke nodig is.
Stem heeltemal saam hiermee.
Wat my pla in hierdie artikel, is die onderstreepte gedeeltes in die aanhaling hierna -
Die studie dui daarop dat Suid-Afrika se jagtoerismemodel ʼn potensiële bloudruk bied om bewaring en landelike ontwikkeling in ewewig te bring, maar dit beklemtoon ook hoe min daar in werklikheid bekend is oor die uitwerking op grondvlak. Die stemme wat steeds ontbreek, is dié van plaaslike gemeenskappe self. Sien hulle dieselfde ekonomiese en maatskaplike voordele as jagters? Word hulle ook bevoordeel, of is dit net vir grondeienaars en toerisme-operateurs beskore?
Die studie verg verdere ondersoek, veral vanuit die perspektief van diegene wat die meeste geraak word. Tot dan sal die debat oor die plek van jagtoerisme in landelike Suid-Afrika onopgelos bly. Maar één ding is seker: vir die jagters wat jaar na jaar terugkeer, word hul impak nie net gemeet in die diere wat hulle jag nie, maar ook in die gemeenskappe wat volgens hulle in die proses opgehef word.
Wat meer verwag hierdie
"stemme van die plaaslike gemeenskappe self" wat reeds
"in die proses opgehef word", as die werksgeleenthede met die gepaardgaande vergoeding en opheffing daaraan verbonde?
Hulle is by verre nie die grondeienaars of toerisme-operateurs met al hulle insette, verpligtinge en risikos verbonde aan die hele jagopset nie, wat nog dan verwag hierdie stemme?
Re: Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Tue Mar 25, 2025 6:45 pm
by Giepie
Die artikel het 'n ruk in my kop bly draai. Ek dink die rede hoekom die plaaslike jagters nie aan die "plaaslike gemeenskappe" dink nie is dalk weens gevoelens oor van die "plaaslike gemeenskappe". Maar die meeste plaaslike jagters gaan vir die vleis. Al waar hulle 'n bydrae maak is deur die arbeiders. Van die buitelandse jagters jag dikwels in wildsreservate met jagkonsessies. Daar gaan die vleis en inkomste dalk na die plaaslike gemeenskap. By privaat jagplase vat die eienaar die vleis vir homself of verkoop dit aan 'n slaghuis.
Ek dink in van die reklame aan die buitelanders word die voordeel aan die plaaslike gemeenskappe dalk opgeblaas om hulle eie gewetes te sus of om die greenies beter te laat voel. Ek sien al meer probleme met die artikel en navorsing.
Re: Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Wed Mar 26, 2025 7:57 am
by Capt. Yoda
Amerikaner wil net vertel word hy help die "locals" met sy geld en dan as hy nog n youtube video kan maak terwyl hy R168 se potlode by n makeshift skool af laai is dit idiaal.
Jag is n besigehied, hoeveel plaaslike gemeenskappe word gehelp elke keer as jy n brood by spar koop?
Ek betaal die boer vir die bok wat ek skiet en vir die tyd wat ek daar spandeur, hoeveel geld hy vir die carguard sondag gee is sy besigheid.
Re: Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Wed Mar 26, 2025 9:57 am
by Ratel
Ek dink eerstens die buitelandse jagter is nie ingelig genoeg om regtig te weet wat die verskil in impak tussen hulle en plaaslike jagters is nie. Hulle weet en vertel moontlik vanuit 'n oogpunt wat hulle pas en nie soseer bewus is van die ware omstandighede op die grond nie.
Dit hang dan verder ook seker af wat word gesien as "plaaslike gemeenskappe". Praat ons hier van plaaslike gemeenskappe of aanspraakmakers/vorige benadeeldes (entitlement)? Hierdie sal altyd 'n subjektiewe siening wees net soos wat my mening dalk subjektief is. Ek ondersteun ook die plaaslike gemeenskap as ek gaan jag. Ek gooi diesel daar en koop my kos, drank en ander goed daar waar ek gaan jag. Ek stem saam met wat hierbo gese word. Dis maar soos die storie van wat is etiese jag. Wie is nou eintlik reg en wie nie. Jag is 'n besigheid en die yanks en britte mag dalk voel hulle dra meer by oor hulle in dollers en ponde betaal.
Re: Eerste in sy soort jagstudie
Posted: Wed Jul 16, 2025 3:30 pm
by TFDADD
Die volgende artikel blyk 'n opvolg te wees op die eerste artikel reeds hier geplaas, wat ook deur NWU gedoen is deur prof Peet van der Merwe en medewerkers.
Uit die hoek van die ekonomiese impak van die jagbedryf op die RSA ekonomie, lyk die prentjie heel anders en baie meer positief, soos in die volgende
paragraaf weergee word:
Die navorsing beklemtoon die noodsaaklikheid vir ʼn gebalanseerde benadering:
Een wat werk skep, wild beskerm én ruimte laat vir morele gesprekke.
Verslag oor jagbedryf se ekonomiese impak in Suid Afrika