Page 1 of 1

Freyr and Devik featherweight gebruikers (Hoe gereeld maak julle skoon)

Posted: Sat Mar 22, 2025 7:26 pm
by JacquesSAKO.308
Hi Manne,

Ek hoop dit gaan goed. Die manne wat Freyr and Devik featherweights skiet.

Hoe gereeld maak julle skoon? En wat is julle proses?

Ek het die webtuiste se stappe gekyk maar hulle sĂȘ elke keer skoonmaak na mens geskiet het.

Groete

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Freyr and Devik featherweight gebruikers (Hoe gereeld maak julle skoon)

Posted: Sun Sep 27, 2026 4:02 pm
by walkabout
Ek sien die vraag is al lank terug gevra maar nooit beantwoord nie - ek het eers einde laasjaar hier aangesluit, so antwoord maar nou vir wat dit werd is. Ek skiet met 2x F&D featherweights en gebruik die Ballistol skoonmaker soos in die 'link': https://www.natalguncompany.co.za/produ ... ner-500ml/ . Dit werk baie goed.

Ja, ek maak skoon na elke skietbaansessie en na elke jag (die hele jag nie net die dag se jag nie). Dis skoonmaakmiddel is duur maar jy kan dieselfde ("vuil") mengsel oor en oor gebruik en dit werk steeds soos die 1e keer.

My proses: Haal die knaldemper uitmekaar, skud eers die ergste "roet" uit en vee wat nog los is af van elke onderdeel met 'n papierhanddoek. Gooi so 250ml van die middel in 'n ou 500ml "heuning" bottel en sit die dele een vir een in, na elke onderdeel in is sit deksel op en skud bottel. Die middelstuk is te lank om die deksel op te sit en dit skrop ek sommer so "van bo af" met 'n ou tandeborsel skoon; ek skrop ook dit en die korter dele so oor 'n lee" houer. Haal onderdeel uit mengsel en vee behoorlik af met 'n papierhanddoek. Maak so puntjie met papierhanddoek en druk in al die gate in. Herhaal soos nodig tot skoon. Droog af met skoon papierhanddoek.

Re: Freyr and Devik featherweight gebruikers (Hoe gereeld maak julle skoon)

Posted: Sun Sep 27, 2026 6:26 pm
by JacquesSAKO.308
Ek maak so na elke 100 skote skoon. Ek spuit sommer alles met brake cleaner en skrop met koper borsels

Sent from my SM-S938B using Tapatalk


Re: Freyr and Devik featherweight gebruikers (Hoe gereeld maak julle skoon)

Posted: Tue Sep 29, 2026 7:30 am
by walkabout
Brake cleaner? Dis slim, want al die vuilgeid is mos maar 'n tipe 'carbon'; seker heelwat goedkoper ook. Ek hou maar by tandeborsel, ek aanvaar die koperborsels is sagter as die knaldemper se titanium & aluminium, maar nog nooit nodig gehad om hard te skrop met die bg. skoonmaakmiddel nie.