Page 1 of 1
12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Mar 26, 2025 8:47 am
by Frederik
Hallo Almal,
Dis alweer sulke tyd 12 April om die groot kalibers af te stof en bietjie mee te speel, of dalk reg te maak vir iets groot wat opkom die jag seisoen.
Die dat Safari Outdoor se DGS ook afegstel is is nog 'n rede vir die manne wie se vingers jeuk.
Jy mag met 'n sub kaliber deelneem net vir die oefening maar sal nie deelneem aan die dag se rankings nie.
Juniors welkom en met kleiner kalibers hulle val in junior klas en net vir R50 kan hulle deel wees van die pret.
Julle kan inskryf by die volgende skakel hieronder.
https://bigboresa.org/3rd%20shoot/?fbcl ... _KnOKEeQSA
Jy het 20 rondtes nodig vir die dag bring maar so paar ekstra saam 6 of so daar is dalk nog ekstra buffel baan ook op vir die dag.
Koffie is daar vir die oggend kos sal verkoop word deur die oggend en dan kuier en braai ons verder as die skiet klaar is.

Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Mar 26, 2025 5:42 pm
by Cobus Wessels
Goeie middag
Ek sal graag wil kom deelneem as 'n groentjie.
Ongelukkig kry ek nie skakel om oop te maak nie.
Dalk 'n webwerf iewers waar ek kan aansluit en inskryf?
Groete
Cobus Wessels
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Mar 26, 2025 6:35 pm
by saswart
Dankie Cobus,
Sien uit om jou daar te sien en te ontmoet!
Die link werk aan my kant, maar jy kan direk deur website ook ja.
https://bigboresa.org/
Kies dan, "pre-booking for shoots", dan kies jy "3rd shoot 12 April", dit vat jou na inskrywing blad soos boonste link. As jy steeds nie regkom nie, laat weet my sommer direk dan reel ek vir jou (083 282 6I66)
Groete
Stephen
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Sat Mar 29, 2025 8:07 pm
by Cobus Wessels
saswart wrote:Dankie Cobus,
Sien uit om jou daar te sien en te ontmoet!
Die link werk aan my kant, maar jy kan direk deur website ook ja.
https://bigboresa.org/
Kies dan, "pre-booking for shoots", dan kies jy "3rd shoot 12 April", dit vat jou na inskrywing blad soos boonste link. As jy steeds nie regkom nie, laat weet my sommer direk dan reel ek vir jou (083 282 6I66)
Groete
Stephen
Báie dankie,
Ek word sterk vermaan om betyds tuis te wees vir die Andreas Bocelli konsert. Sal môre probeer inskryf anders gaan ek van jou gawe aanbod gebruik maak. Scope zero op 50m?
Groete
Cobus Wessels
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Tue Apr 01, 2025 1:46 pm
by saswart
Hi Cobus, ja 50m is perfek. Jy sal dan enigiets van 15m-40m so 2/3 cm hoog mik. Ons skiet selde verder as 50m. Op 100m is is jy dan ook in die kol en jy kan jou roer net so los vir die jagseisoen
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Apr 02, 2025 5:24 pm
by Cobus Wessels
Ek en 'n kollega het vandag ingeskryf. Sal môre probeer aansluit. Groot opwinding maar vandag het die Geelstert nog goed gebyt op die 5 myl bank. Môre weer tyd vir admin.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Apr 09, 2025 8:11 pm
by Glocked
Sien baie uit na Saterdag !
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Apr 09, 2025 8:12 pm
by Glocked
Het seker gemaak my ammo is reg, sal nie weer saswart se Labradar teen 7000vps laat klop nie !

Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Wed Apr 09, 2025 8:16 pm
by Frederik
Glocked wrote: Wed Apr 09, 2025 8:12 pm
Het seker gemaak my ammo is reg, sal nie weer saswart se Labradar teen 7000vps laat klop nie !
Sien jou daar!
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Thu Apr 10, 2025 6:46 am
by DWB
Lekker manne sien julle daar!
My tong water al vir die voorbereiding

Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Thu Apr 10, 2025 12:42 pm
by saswart
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Sat Apr 12, 2025 5:45 pm
by Glocked
Dankie aan almal betrokke, dit was 'n goeie dag, het die bane geniet, en myself verbaas met 'n vol score op daai krokodil baan. Ons moes ongelukkig net skiet en gaan agv ander verpligtinge, maar sal verseker terug wees, en 'n paar gesigte by die name sit !
Groete
Marco
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Mon Apr 14, 2025 1:32 pm
by saswart
Glocked wrote: Sat Apr 12, 2025 5:45 pm
Dankie aan almal betrokke, dit was 'n goeie dag, het die bane geniet, en myself verbaas met 'n vol score op daai krokodil baan. Ons moes ongelukkig net skiet en gaan agv ander verpligtinge, maar sal verseker terug wees, en 'n paar gesigte by die name sit !
Groete
Marco
Lekker Marco, nee geen probleem! Een van die min shoots in die land waar daar 86 deelnemers is en jy kan al 10h huis toe gaan of 17:00

Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Mon Apr 14, 2025 1:43 pm
by saswart
Hier is bietjie inligting van die shoot - mooi geskiet Fred!
PDF is te groot vir Jaracal - hier is die links na die videos wat nie op foto oopgemaak sal kan word nie...
https://youtu.be/t8ItweZgH1g - 375H&H en 458 Lott
https://youtu.be/GqUPBJ94pSc - 505 Gibbs
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Mon Apr 14, 2025 1:44 pm
by saswart
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Mon Apr 14, 2025 4:58 pm
by Glocked
saswart wrote: Mon Apr 14, 2025 1:32 pm
Glocked wrote: Sat Apr 12, 2025 5:45 pm
Dankie aan almal betrokke, dit was 'n goeie dag, het die bane geniet, en myself verbaas met 'n vol score op daai krokodil baan. Ons moes ongelukkig net skiet en gaan agv ander verpligtinge, maar sal verseker terug wees, en 'n paar gesigte by die name sit !
Groete
Marco
Lekker Marco, nee geen probleem! Een van die min shoots in die land waar daar 86 deelnemers is en jy kan al 10h huis toe gaan of 17:00
Presies ! Ek was so vroeg by die huis my vrou dink ek lieg vir haar, nou is daar darem 'n results papier met my naam op
Ek kon dit self nie glo toe ons 10ur klaar maak nie.
Dis oor julle span die goed so blerrie goed kan organise !
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Fri May 23, 2025 8:58 am
by jpgun
Hierdie lyk baie interresant en ek sal graag ook wil deelneem, maar dit lyk nie of my geweer en toerusting lekker gaan werk nie. Ek het bv. 'n 6-24 vergroting teleskoop en net plek vir 3 rondtes in die magasyn. Kan iemand dalk meer info deel oop die spesifieke oefeninge. Hoeveel rondtes is nodig per oefening en hoeveel rondtes mag max in die magasyn wees? Kan mens 'n ekstra magasyn gebruik? Wat is 'n idiale teleskoop, dalk iets soos 'n 1-6 x 24?
Groete.
Johan
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Fri May 23, 2025 6:28 pm
by DWB
Jou scope is bietjie aan die groot kant, maar daar is manne wat met 3-9 of selfs groter scopes skiet.
Itv die magasyn kapasiteit vat meeste groot gewere ook net 3. Maar jy leer herlaai uit die belt uit ens.
Meeste bane laai jy 1 of 2 op ñ slag, soms meer.
Ons skiet gewoonlik so 18 skote op ñ dag.
Re: 12 April 2025 BASA Skietdag
Posted: Fri May 23, 2025 7:14 pm
by Glocked
Om aan die gang te kom en 'n gevoel te kry, sal jy baie goed regkom met wat jy het, afgedraai op 6. 'N pel van my het nou 2x keer saam geskiet, met 5-25x50 teleskoop op sy 375, want dis wat hy het. Ek skiet met 'n 1-4 Trijicon, en dit werk baie lekker ja. Maar ek dink die belangrikste is om op te daag vir een van die uitstappies !