Page 1 of 1

SOMCHEM S335 - Impala .458 420gr RN hulp asb.

Posted: Fri Apr 11, 2025 9:37 am
by toxicsox
Ek wil die naweek vir my seun se 458 WM laai sodat hy bietjie by die baan kan Dangerous Game (DG) oefen.

Ek het by my S335, S341 en CFE 223.
Met die het ek ook Impala .458 420gr RN Solids.

Hy moet oefen met die solids om 'n gedierte te stop - ek neem aan die Impala .458 420gr RN sal die werk kan doen.

Enige voorstelle watter van die kruit is die beste vir die toepassing wat ek het?
En dalk min en maks ladings as iemand asb. kan help.

Groete

Re: SOMCHEM S335 - Impala .458 420gr RN hulp asb.

Posted: Fri Apr 11, 2025 3:50 pm
by tripodmvr
22 duim loop gebruik.

S335 Node 6 = 2230vps druk 57K psi. Begin 62gr en stop as spoed 2280vps bereik.
S341 Node 6 = 2230vps druk 54K psi. Begin 70gr en stop as spoed 2320vps bereik.
CFE 223 Node 7 = 2100vps druk 42K psi. Begin 73gr en dop is alreeds vol. Die' dryfmiddel is effe stadig om sinvol te gebruik.

S321 sal effe beter vaar as S341 wat bo die beste keuse is.

Re: SOMCHEM S335 - Impala .458 420gr RN hulp asb.

Posted: Fri Apr 11, 2025 5:04 pm
by toxicsox
Dankie