Page 1 of 1

Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Wed Apr 23, 2025 5:49 pm
by 30-06
Goeie middag soos gevra bo wil ek weet wie skiet Eldm in hulle plank en watter jump gee die beste resultate.
Ek sukkel beitjie.

Re: Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Wed Apr 23, 2025 6:09 pm
by tripodmvr
Watter TPL gebruik jy tans en wat is die sprong na die lande? Dit behoort die plankskieters te help om 'n idee te kry van jou opset? Watter doppe en dryfmiddel gebruik jy?

Re: Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Wed Apr 23, 2025 6:20 pm
by 30-06
Ek gebruik 71 en 71.6 met 42.1 g 335
Jump op 71 is seker so 2mm as ek reg meet

Re: Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Wed Apr 23, 2025 6:31 pm
by tripodmvr
Looplengte en spoed verkry?

Re: Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Wed Apr 23, 2025 6:41 pm
by 30-06
630mm en spoed so 2710

Ons het reeds die quickload deel gedoen.
Ek sukkel egter spoedlesing tussen garmin en chronies dit maak nie sin.
Ek wil egter nou eers TPL probeer aanspreek.

Re: Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Wed Apr 23, 2025 9:12 pm
by tripodmvr
Ek het die berekening met die Nosler 155 CC opgespoor. Ons het daar na Node4 1/2 gekyk. Spoed van 2760vps is nader aan waar jy moet wees.

Re: Wie skiet 155 ELDM in hulle 308 plank gewere

Posted: Thu Apr 24, 2025 11:39 am
by DeonvTonder
Ek skiet myne met 'n tpl van 72mm en 'n spoed van 2757fps. Groep alles in een gat. so oom tripod is reg met sy spoed van ongeveer 2760fps