Page 1 of 1
Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Wed Apr 30, 2025 9:37 pm
by tripodmvr
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Thu May 01, 2025 6:31 am
by Ratel
Hier by ons gee ek hom gratis 'n 55 gr VMax pilletjie.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Thu May 01, 2025 8:59 am
by Ds J
Die parkeraad behoort teoreties iets te doen sodra iemand ernstig genoeg seergekry het.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Thu May 01, 2025 11:20 am
by Ratel
Ds J wrote: Thu May 01, 2025 8:59 am
Die parkeraad behoort teoreties iets te doen sodra iemand ernstig genoeg seergekry het.
Nee die bool aanhangers gee hulle mos name soos gert en koos en dan is dit n mo&rse storie as natuur bewaring die probleem diere moet uitskiet. Glo my ek sien dit hier by ons gereeld
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 9:19 am
by heywillie
'n Lekker kort 8" 300BLK sal mos mooi in 'n rugsak pas...
SSS
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 10:28 am
by Philip J
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 10:41 am
by OosKaapJagter
Wees net versigtig om dit wat in julle gedagtes omgaan op 'n openbare forum te deel. As 'n man seker dinge aanvang moet jy dit alleen doen en dan ophou drink......
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 1:18 pm
by Philip J
OosKaapJagter wrote: Fri May 02, 2025 10:41 am
Wees net versigtig om dit wat in julle gedagtes omgaan op 'n openbare forum te deel. As 'n man seker dinge aanvang moet jy dit alleen doen en dan ophou drink......
Net n waarskuwing, nie n aanbeveling nie......
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 1:33 pm
by Alwin
Die video het my baie ver laat terugdink aan die koperaal wat nie tevrede was met die troepe tydens inspeksie nie. Net die taalgebruik verskil so 'n bietjie...
Dit sal seker teen die stadsjapies se gewete bots, maar het hulle al oorweeg om 'n mooi rubberslang in elke sak te bere, net onder die eerste kledingstuk?
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 2:16 pm
by Capt. Yoda
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 3:36 pm
by Ratel
Ja as hulle maar soveel moeite aan moorde wil spandeer. PMB1 nogal LMGA
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 4:35 pm
by Ratel
Ds J wrote: Thu May 01, 2025 8:59 am
Die parkeraad behoort teoreties iets te doen sodra iemand ernstig genoeg seergekry het.
Hiermee stem ek saam. Gelukkig doen Natuur bewaring hulle deel elders. Ek moet se dat ek nie daarmee saam stem dat mense die goed met windbukse en baie klein kalibers kwes nie. 'n bobbejaan is n gevaarlike dier veral as hy seer het. Ek het n paar mannetjies geskiet waarvan die slag tande maklik 3 cm was. Die probleem met daai area is al die tree huggers wie daar bly. Nie almal nie maar sommiges. Kaap Natuur bewaring moet iemand professioneel kry en die probleem diere uitskiet. Dis petrol op die vuur vir groenes as daar nou sewe koeels uit die bobbejaan gehaal word. Veral omdat die kees nou n naam ook nog het. Nou word al wat n wapen eienaar en jagter weer onder dieselfde kam geskeer.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Fri May 02, 2025 9:48 pm
by Ds J
Sou die bobbejaan soveel koeëls in hom gehad het as Natuurbewaring hulle werk gedoen het?
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 7:41 am
by win270
Skiet die alleenloper mannetjies uit op verantwoordelike en gekontroleerde wyse. Hou die troppe se getalle ook binne perke. Bobbejane is probleemdiere en moet sodanig bestuur word.
Die sogenaamde "owerhede" se optrede daar is lagwekkend.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 8:28 am
by Andre308
Wilde diere moet bang wees vir mense vir hulle eie veiligheid en in hierdie situasie, vir die veiligheid van mense ook.
Ek glo dat Natuur bewaring moet die probleem diere skiet sodat hulle n vrees vir mense kan behou.
Dit gaan vir iemand nog baie lelik uit draai teen hierdie tempo.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 10:50 am
by OosKaapJagter
Daar is reeds sprake van robbe met hondsdolheid in die Kaap.
Bobbejane met geen vrees vir mense nie kan 'n beduidende gevaar inhou as hulle hondsdolheid optel. Terwyl jy nie op hulle mag skiet nie, kan 'n bomklapper hulle dalk laat spaander.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 11:04 am
by tripodmvr
1. Leeus het natuurlik voorgekom in die Weskaap, maar sal nou nie meer sinvol hervestig kan word nie
2. Enige logiese denkende mens kan sien dat die bobbejaanbeheer nie werk nie en dat dit ongelooflik baie kos om dit te doen.
3. Raad soos maak jou huis bobbejaan veilig kos geld en is nie heel suksesvol nie en jy het gedurig die vrees dat jy gaan deurloop.
4. Toeriste gaan nie ophou om 'n bron van kos te wees nie.
5. Bobbie gaan nie sonder pyn afsien van sy gemaklike en roofsugtige lewenswyse nie.
6. Logika bepaal dan dat die probleem liefs verwyder moet word. Hoe en na waar moet die deskundiges se probleem word.
7. Ag shame gaan beslis nie werk nie. Hulle is nie fraai diertjies nie.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 1:15 pm
by Zuku
Kettie met "pepper balls?'
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 2:14 pm
by Ratel
Al wat ek gaan se op die oop forum is dankie tog hier by ons word dit reg gedoen. Natuur bewaring bring hulle kant.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 5:59 pm
by tripodmvr
The City of Cape Town has proposed extending the current urban baboon management programme by 18 months, at a cost of R20 million. The City's suggestion comes despite previously claiming it had "no mandate" to manage chacma baboons on the Cape Peninsula.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 7:23 pm
by Ratel
Die lank en die kort is dat dit n gevaarlike wilde dier is wat mense name wil gee. As jy nie die probleem makers uitskiet nie gaan hierdie aapstreke jou voorland wees. Hier by ons het ek gevind dat die grootste probleem die tree huggers is wie die bobbejane voer. Dan verloor hulle hulle natuurlike vrees vir mense. Groenes (lees ook woke) is hulle eie grootste probleem. Hulle voer die diertjies en dis al te mooi vir hulle as die goedjies so mak raak. Hulle is die groot rede hoekom aggressiewe bobbejane van kant gemaak moet word. Ek deel amper elke dag daarmee. Ek se nie wis hulle uit nie want daar is plek vir hulle maar besef dat dit n opportunistiese gevaarlike dier bly soortgelyk aan n hyena.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 7:47 pm
by Cobus Wessels
Wonder wat gaan gebeur as een van Woke Greenies se hond verskeur word deur 'n bobbejaan?
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sat May 03, 2025 11:28 pm
by Ds J
Cobus Wessels wrote: Sat May 03, 2025 7:47 pm
Wonder wat gaan gebeur as een van Woke Greenies se hond verskeur word deur 'n bobbejaan?
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Dan is die arme bobbejaan 'n misleide slagoffer van sy omstandighede.
Re: Hoe gemaak met die' bobbejane?
Posted: Sun May 04, 2025 9:54 am
by Lategan1
Ds J wrote: Sat May 03, 2025 11:28 pm
Cobus Wessels wrote: Sat May 03, 2025 7:47 pm
Wonder wat gaan gebeur as een van Woke Greenies se hond verskeur word deur 'n bobbejaan?
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Dan is die arme bobbejaan 'n misleide slagoffer van sy omstandighede.
Dit is ‘n raak opvatting aangaande “wokeness”.
Beste.