Page 1 of 1

Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Thu May 08, 2025 7:14 am
by 3006
Goeie more

Ek wil graag hoor of iemand die afgelope jaar by bg plaas in Marico daar gejag het en wat jou ondervinding was.

Dankie

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 1:11 am
by Vlakvark Soldaat
Ek sien nou eers die post. Was jare laas daar gewees, en baie gereeld ook. Baie lekker en groot plaas, hang ook af aan watse kant jy jag, Syferfontein of Uitsig kant, en dan is daar Melorani gedeelte ook. Grond is groot en veld is baie reig, tipiese Marico bosveld.

Ek neem aan julle was dalk alreeds die seisoen daar gewees? Die boer, Burger is n regte koddige f... hahahaha!

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 6:50 am
by 3006
More
Ja ons was daar gewees, baie ruig bitter min wild, al wat goed was was die verblyf.PH en helfte van die gide hopeloos, wild wat geadverteer is soos waterbokke glad nie in 5 dae deur 10 jagters opgemerk nie Sal nie weer ons geld op daai plase uitgee nie.
Was wel gewaarsku dat dinge nie meer soos n paar jaar gelede is nie. Daar was 2 groepe ons op Syferfontein en n ander groep op Melorani en beide groepe was ongelukkig.

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 7:31 am
by Vlakvark Soldaat
Ai dis jammer, want dis n groot stuk grond daai. Maar alles in daai omgewing is eintlik al stam gronde, met die oorspronklike boere wat net huur en bestuur...

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 8:18 am
by Capt. Yoda
Vlakvark Soldaat wrote: Wed Oct 22, 2025 1:11 am Ek sien nou eers die post. Was jare laas daar gewees, en baie gereeld ook. Baie lekker en groot plaas, hang ook af aan watse kant jy jag, Syferfontein of Uitsig kant, en dan is daar Melorani gedeelte ook. Grond is groot en veld is baie reig, tipiese Marico bosveld.

Ek neem aan julle was dalk alreeds die seisoen daar gewees? Die boer, Burger is n regte koddige f... hahahaha!
Moet net nie julle sleepwa op die gras parkeer nie

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 8:30 am
by Vlakvark Soldaat
Hahahaha hoor nou weer!!!

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 8:50 pm
by tripodmvr
Hierdie verhale klink nes 'n vriend van my se storie. Gaan jag in Gravelotte se omgewing en na ondersoek met hommeltuig is een skietbare spesie opgespoor. Skelms is volop in RSA!!!!!!!

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Wed Oct 22, 2025 10:52 pm
by 3kus
n Mens probeer altyd diplomaties wees wat jou ondervindjng betref, want dit bly seker relatief. Maar dit is jammer as dit jou tyd en geld kos en saam met familie en vriende n slegte ondervinding was. Hou maar verby…

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Tue Oct 28, 2025 9:28 pm
by Rudiejacobs
Capt. Yoda wrote:
Vlakvark Soldaat wrote: Wed Oct 22, 2025 1:11 am Ek sien nou eers die post. Was jare laas daar gewees, en baie gereeld ook. Baie lekker en groot plaas, hang ook af aan watse kant jy jag, Syferfontein of Uitsig kant, en dan is daar Melorani gedeelte ook. Grond is groot en veld is baie reig, tipiese Marico bosveld.

Ek neem aan julle was dalk alreeds die seisoen daar gewees? Die boer, Burger is n regte koddige f... hahahaha!
Moet net nie julle sleepwa op die gras parkeer nie
Jy mag n Nyala ooi uit die kamp uit skiet, maar moet net nie jou trailer op die gras trek nie. ImageImageImage

Sent from my SM-N981B using Tapatalk

Re: Tswenyane Safaries/Syferfontein

Posted: Tue Oct 28, 2025 9:31 pm
by Vlakvark Soldaat
Hahahahaha klink of julle uit ervaring praat, of dalk terselfde tyd daar was!!