Page 1 of 1
6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Thu Jun 12, 2025 4:47 pm
by Wielie Waps
Ek adverteer namens 'n oom in aftreeoord naby my
Die geweer lyk regtig nog mooi en het nie baie gewerk nie.
Daar is ongeveer 60 doppe , 'n die set en paar 100gr Hornady punte
Het het Nikko Sterling 3-9 × 40 scope op(Die ou TV screen)
Die geweer is in Bloemfontein
Hy kyk na so R10k vir alles.
Julle kan my whatsapp vir nog fotos en kontak besonderhede
My nr 082 agt nul agt 9300
IMG-20250610-WA0025.jpg
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Mon Jun 30, 2025 8:40 pm
by Wielie Waps
Bump
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Mon Jun 30, 2025 9:16 pm
by tripodmvr
Geen 6mm Musgrave patrone of doppe word meer vervaardig. Die persoon wat die geweer aankoop sal 'n gesoute herlaaier moet wees wat 303 doppe moet hervorm en dan die nekke skil om te verseker dat dit in die kamer sal pas. Baie moeite vir 'n geweer wat moontlik nie baie akkuraat sal wees nie. 'n Ombouiing na 243 of dan selfs groter kalibers is 'n moontlikheid.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 10:24 am
by Armand Steenkamp
.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 10:26 am
by Armand Steenkamp
Geweer is verkoop manne...

Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 10:45 am
by ruaanb
Ek het baie info vir jou skree net.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 11:58 am
by Armand Steenkamp
ruaanb wrote: Sat Jul 12, 2025 10:45 am
Ek het baie info vir jou skree net.
Dankie mater. Ja my eerste een was op n Enfield aksie gebou en hy wou net 75gr Vmaxse skiet. Ek wou die swaarder pitte skiet. Maar sal sien war maak die een. Gaan sy gat lekker warm maak met die P14
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 4:38 pm
by ruaanb
Kriek maak n lekker 76gr mono vir hom wat my roer van hou.
Dan die 85/87gr opsies. Myne is lief vir die Sierras.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 7:24 pm
by Philip J
Armand Steenkamp wrote: Sat Jul 12, 2025 11:58 am
ruaanb wrote: Sat Jul 12, 2025 10:45 am
Ek het baie info vir jou skree net.
Dankie mater. Ja my eerste een was op n Enfield aksie gebou en hy wou net 75gr Vmaxse skiet. Ek wou die swaarder pitte skiet. Maar sal sien war maak die een. Gaan sy gat lekker warm maak met die P14
Myne was op n RSA aksie gebou en hy het n 87 gr V-Max, lag lag en heeldag saam met n 243 laat gallop. Dis net hard op die doppe as n mens sy stert so in die vuur druk.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sat Jul 12, 2025 7:33 pm
by tripodmvr
Met 24 duim loop en S341 is 3170vps haalbaar met 75Vmax en druk is nog mak teen 48K psi.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sun Jul 13, 2025 8:32 am
by Armand Steenkamp
Philip J wrote: Sat Jul 12, 2025 7:24 pm
Armand Steenkamp wrote: Sat Jul 12, 2025 11:58 am
ruaanb wrote: Sat Jul 12, 2025 10:45 am
Ek het baie info vir jou skree net.
Dankie mater. Ja my eerste een was op n Enfield aksie gebou en hy wou net 75gr Vmaxse skiet. Ek wou die swaarder pitte skiet. Maar sal sien war maak die een. Gaan sy gat lekker warm maak met die P14
Myne was op n RSA aksie gebou en hy het n 87 gr V-Max, lag lag en heeldag saam met n 243 laat gallop. Dis net hard op die doppe as n mens sy stert so in die vuur druk.
En nou is doppe hoeka so n probleem
Daar was op n kol in Stellenboch n 6mmMusgrave op n RSA aksie vir n bargain te koop. Wens ek kon daai een koop. Maar die P14 is dam self nie te versmaai nie.
Re: 6mm Musgrave op P14 aksie
Posted: Sun Jul 13, 2025 8:49 am
by Lategan1
VGK Parow het nuwe .303 PMP doppe te koop. Nou ook op uitverkoping. Ek dit die week op rakke gesien.
Beste.