Page 1 of 1
FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Tue Jun 24, 2025 7:04 pm
by GreyGhostGear
Naand manne,
Wil graag silencer op 308 sit. Moet lekker lig en klein wees - meestal stapjag in Oos Kaap berge ens.
Ek het bietjie op Forum gelees - is die FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 steeds die antwoord?
Ek sien hy word redelik hoog aanbeveel.
Of het daar al iets nuut / soortgelyk op die mark gekom waarna ou ook kan kyk?
Groete
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Tue Jun 24, 2025 7:39 pm
by Gian_dP
Jy gaan nie ligter as Freyr & Devik kry nie. Hulle is wel amper R7000.
Lokale opsies soos Gunwarrior en APW werk ook baie goed, maar is rondom 500 gram vs 200 gram vir die Freyr&Devik. Min of meer selfde grootte.
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Tue Jun 24, 2025 7:43 pm
by JacquesSAKO.308
Ek is bitter tevrede met my 196 op my 6.5, die knaldemper verbaas my elke keer. Ek het redelik al ń wye reeks ander knaldempers getoets en soos dinge nou staan dink ek nie daar is ń beter knaldemper vir ń jag setup as die 196 nie
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Tue Jun 24, 2025 7:45 pm
by HunterB
Hy werk soos n droom op my 7x57. Wou so kort en lig as moontlik kry en hulle was op redelike special by Twinbore agencies
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 6:36 am
by savage(P Coetzer)
Ek gebruik nou een op my 243 en 223 en dit is regtig die kat se stert. Kry ook glad nie die carbon wat terug val in die loop met hom nie. My 223 is permanent saam in die bakkie en met die vorige silencer was dit n probleem met die carbon wat terug val tot op die boltface maar mey die freyr se ontwerp gebeur dit nie. Die kroon is ook belaglik maklik om skoon te maak na n aantal skote waar dit altyd n gespook was.
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 7:01 am
by Capt. Yoda
As jy nog kleiner wil gaan is daar die 149 ook, hulle was op special by Twinbore toe ek laas gekyk het
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 7:25 am
by CarelG
Is Twinbore die enigste verskaffers van die Freyrs?
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 8:13 am
by GreyGhostGear
More more,
Dankie vir die terugvoer, ek waardeer.
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 8:15 am
by Capt. Yoda
CarelG wrote: Wed Jun 25, 2025 7:25 am
Is Twinbore die enigste verskaffers van die Freyrs?
Nee daar is ander ook maar ek het nog nie beter pryse gekry as by TB nie, hulle is die agent/invoerder ook
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 8:20 am
by EngelseJohann
I have a F&D 196 in 308 threaded in 5/8x24, new and never fired in the box sitting in my reloading room.
Feel free to message me 08Three six38 2191.
Cheers,
Johann
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 8:41 am
by CarelG
Capt. Yoda wrote: Wed Jun 25, 2025 8:15 am
CarelG wrote: Wed Jun 25, 2025 7:25 am
Is Twinbore die enigste verskaffers van die Freyrs?
Nee daar is ander ook maar ek het nog nie beter pryse gekry as by TB nie, hulle is die agent/invoerder ook
Dankie
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Wed Jun 25, 2025 9:22 am
by 6mmMusgrave
Twinbore was die agente maar hulle het dit opgegee.
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Thu Jun 26, 2025 7:38 am
by savage(P Coetzer)
Nobleteq in centurion
Re: FREYR & DEVIK FEATHERWEIGHT 196 vir .308?
Posted: Tue Jul 01, 2025 12:46 pm
by BBCT
Ek gebruik n F&D model 149 (weeg 149 gram) op 'n .308. 308 is die maksimum kaliber wat hulle aanbeveel vir die 149 en hulle waarsku dis nie geskik vir lang shot strings nie. 'n Mens kan skaars voel dat hy aan die einde van die loop is, en hy is verbasend effektief vir so 'n klein silencer.
Daar is blybaar ook 'n model 131 wat selfs ligter is, maar as ek reg verstaan kan 'n mens hom nie uitmekaar haal om skoon te maak nie.