ATN Laser Ballistics app
Posted: Wed Jul 16, 2025 4:17 pm
Ek het 'n vraag vir die manne wat die ATN Laser Ballistics app op hul selfone gebruik:
Kan 'n mens die app stel dat die "turret adjustments" in MOA of Mills weergegee word?
Meer inligting:
Nadat jy 'n teiken met 'n ATN rangefinder "gerange" het en die rangefinder met die "ballistic calculator" op die foon gepraat het, gee dit mos vir jou die verstellings op die ATN Laser Ballistics app op jou foon.
Ek is bang dat daardie verstellings net in "clicks" weergegee kan word. Dit sal mal irriterend wees, want ek wil nie sit met 'n lesing van bv 77 clicks nie. Ek het beide MOA en MRAD scopes so wil die lesings in MOA en MRAD kan kry.
Enige iemand met eerstehandse ervaring hiervan asb? Ek het ure spandeer om dit aanlyn na te vors, maar kon nie 'n bevredigende antwoord kry nie, so enige hulp sal opreg waardeer word.
Dankie julle!