Page 1 of 1
Arken/DNT Zulus
Posted: Thu Jul 17, 2025 4:06 pm
by Forester
Het iemand dalk ondervinding met die Arken/DNT Zulus IR scopes?
Dit lyk soos 'n baie bekostigbare opsie, maar gewoontlik is goedkoop koop duur koop...
Ek is ook nie seker watter kalibers die scope sal kan hanteer nie. Sal dit 'n 300WM se terugskop kan oorleef? Dit lyk of dit baie op windbukse/PCPs gebruik word.
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Fri Jul 18, 2025 9:03 am
by Geno
Ek het paar van die DNT multispectral scopes verkoop aan kliente wat baie tevrede is. Ek is seker hy sal .300wm kan hanteer.
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Fri Jul 18, 2025 2:37 pm
by Forester
Dankie Geno, ek waardeer die terugvoer. Ek kry net goeie terugvoer oor Arken.
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Sat Jul 19, 2025 1:16 pm
by ruaanb
n Vriend het een op sy 300wm. Geen issues sovĂȘr nie.
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Wed Jul 23, 2025 12:56 pm
by Forester
Dit klink of the golflengte van die IR dalk 'n probleem is. Die Zulus s'n is 850NM wat gesien kan word, terwyl 940NM glad nie gesien kan word nie.
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Tue Dec 30, 2025 9:35 am
by Ratel
'n pel van my se seun wie op plaas bly kyk na tnc225 r wat die intree vlak is van DNT. Hy wil dit op 223 slotaksie monteer. Wat is julle opinie? Vir my gaan dit oor afstand diere identifiseer in nag en dan waarborg en naverkope diens. Hy is op redelike tight budget
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Fri Jan 02, 2026 7:22 am
by Geno
Ratel,
Hier is 2 manne by my in die dorp wat die TNC225R by my gekoop het. Albei is baie tevrede met die scopes en het noig geen klagtes nie.
Alternatief as hy slegs thermal soek en nie multispectral nie, is die Nocpix Bolt reeks. Ek is baie beindruk met hulle en gebruik self Nocpix se teleskope die afgelope paar maande.
Re: Arken/DNT Zulus
Posted: Fri Jan 02, 2026 9:48 am
by Ratel
Geno wrote: Fri Jan 02, 2026 7:22 am
Ratel,
Hier is 2 manne by my in die dorp wat die TNC225R by my gekoop het. Albei is baie tevrede met die scopes en het noig geen klagtes nie.
Alternatief as hy slegs thermal soek en nie multispectral nie, is die Nocpix Bolt reeks. Ek is baie beindruk met hulle en gebruik self Nocpix se teleskope die afgelope paar maande.
Dankie Geno. Het jou nommer vir hom gestuur. Hy sal jou in volgende week kontak.