Page 1 of 1
Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Mon Jul 28, 2025 2:32 pm
by nickboshoff
Kan iemand met die lading help?
Die geweer kom van Hercules Louw af en het soos verwag clovers op 300m geskiet.
Nou skiet dit bont sonder dat daar iets verander is.
Alle skroewe, boute en bedding is nagegaan.
Loop nog baie mooi, kroon uitstekend.
Specs soos volg:
.308
608mm Krieger dik St/St loop, 1.12 draai
Nosler Cust Comp 155gr
Kamer 71mm
dop vol 56.08
Lapua doppe
Magtech primers
Somchem S335 met -0.7 dev
Ladings probeer: 41.5gr spoed 2701, 13 Es, 6 SD
41.6gr spoed 2743, ES63, SD 23
Tpl 69.72mm, 69.51mm
Ogief 54.72mm
Re: .308 met Krieger loop skiet bont
Posted: Mon Jul 28, 2025 3:35 pm
by Supacow
Dalk bietjie skoonmaak
Re: .308 met Krieger loop skiet bont
Posted: Mon Jul 28, 2025 4:31 pm
by nickboshoff
Loop is geskrop, glo my ons het al alles probeer.
Re: .308 met Krieger loop help met lading asb?
Posted: Mon Jul 28, 2025 4:34 pm
by Malan123
Ek is seker iemand gaan nou nou help met QL, maar intussen laat weet watse scope op die geweer is en of daai ringe getorque is?
Ek neem ook aan dat as jy se niks is verander nie, verwys jy na die setup en nie die lading/kruit nie?
Re: .308 met Krieger loop help met lading asb?
Posted: Mon Jul 28, 2025 6:38 pm
by nickboshoff
Scope is 'n Leupold VX6 7-42. Ringe getorque, skroewe alles. Dubbeld nagegaan deur Hennie Basson ook.
Alles is dieselfde. Geweer, scope, lading ens. Enigste verandering is deviasie van -0.4 na -0.7 toe. Res is soos dit was.
Het al bushes verander van .335 na .331 want ons het gedink dis dalk nekspanning.
Re: .308 met Krieger loop help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 7:29 am
by nickboshoff
Ons moet die geweer uitgesorteer kry voor Saterdag se skiet en met Murphy's Law is al die hogere manne nou seker met vakansie of op jagplase :-)
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 7:38 am
by Gian_dP
Watse lading/tpl/spoed het gewerk met die vorige lot kruit? Sal netnou gou op QL kyk
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 8:43 am
by nickboshoff
Dankie Gian
41.0
69.6
2735
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 9:24 am
by Capt. Yoda
So as ek reg verstaan het jy n nuwe lot kruit wt jy nou gebruik?
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 10:12 am
by Gian_dP
Barrel time met die ou lot kruit was 1.149ms. Naby aan halfnode.
Met nuwe lot kruit kan jy 42.4gr probeer, 2749fps,.om selfde barrel time te kry.
Hoër vol node is oor maks druk.
Laer node rondom 40.3gr, 2634 fps
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 1:21 pm
by nickboshoff
Vanoggend goeie groepering met die volgende gekry:
41.6gr dev -0.7
Ogief 54.52
Tpl 69.52
2752fps
Met .306 mandril
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Tue Jul 29, 2025 3:17 pm
by Rath1976
nickboshoff wrote: Tue Jul 29, 2025 1:21 pm
Vanoggend goeie groepering met die volgende gekry:
41.6gr dev -0.7
Ogief 54.52
Tpl 69.52
2752fps
Met .306 mandril
Hi Nico,
Do you have a bigger mandrel to expand to, lighter seating?
Do you coat the inside of your brass before seating?
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Fri Aug 01, 2025 12:48 pm
by nickboshoff
#Rath1976, no, we tried different mandrels and do not coat the inside of the necks. never did and still got extremely tight groups at 300m - which is the longest distance we shoot the competitions.
Re: Dringend asb .308 help met lading asb?
Posted: Sat Aug 02, 2025 12:23 am
by JF123
Hoe goed skrop jy die loop? Gebruik jy koper borsels of net lappies? Wanneer laas het jy koper uit die loop gehaal? Hoe seker is jy die telskoop is nog reg.?
Nosler CC 155gr skiet goed met enige lading en enige tpl (binne perke). As dit skielik bont skiet het iets anders verkeerd geloop.