Page 1 of 1

Kydex holster - parte en dra

Posted: Wed Jul 30, 2025 9:26 am
by Jaco vdW
Goeie more

Ek is opsoek na 'n stel interlocking skroefies.
Interlocking skroef.jpg
Dis die soort waarmee die knip aan 'n kydex holster vas maak.
Enige idee waar ek twee van die in die hande kan kry?

Ek is spesifiek opsoek na 'n korter stel as die 12mm wat ek het.

In dieselfde asem, skool my asb in die gebruik van 'n claw op 'n IWB holster.
Ek gebruik nou al jare lank 'n Ross leer IWB, en is hom so gewoond dat ek soms vergeet hy is nog by my. My nuwe G43X het met 'n Daniels Kydex IWB gekom. Die holster het 'n claw aan, maar dit vergroot die print van die wapen soveel, dat ek netsowel my vol grote 1911 kon dra.

Re: Kydex holster - parte en dra

Posted: Wed Jul 30, 2025 12:28 pm
by heywillie
Jy kan die skroefies by Daniels Holsters self koop. Eks seker daars klomp winkels wat dit ook aanhou, maar ek kan jou nie sê wie of waar nie, want ekt self nog nooit gekoop.

Op die vraag van die claw - watse belt gebruik jy ? 'n Behoorlike belt (iets soos Kore) maak 'n baie groot verskil.

Re: Kydex holster - parte en dra

Posted: Wed Jul 30, 2025 12:53 pm
by Jaco vdW
Ek glo Daniels sal dit verkoop, dis net die R100 pos geld Kaap toe vir 'n R5 skroefie!
Dalk kan ek dit deur een van die herverkopers aan die kant kry, dan word dit net met hull volgende besendig gestuur.

Ek gebruik 'n leer belt. Hy dra my G23 in die Ross holter baie gemaklik, plat teen my lyf. Die claw maak 'n baie duidelike merk op die broek, waar ek dit idee kry dat die lyne mider opsigtelik gaan wees slegs oor die holster. Die skroewe is te lank om net die knip vas te maak. Sal kyk wat is op my mag carrier, net om te toets sonder die claw.

Re: Kydex holster - parte en dra

Posted: Tue Aug 05, 2025 7:03 pm
by LouisR
Naand Jaco, enige van die Kydex holster makers naby jou behoort te hê, probeer Shinobi kydex of Quantum carry, hulle en seker nog baie is in Kaap area.

Re: Kydex holster - parte en dra

Posted: Wed Aug 06, 2025 8:05 am
by Capt. Yoda
Ek het gister by Leroy Merlin hier in Fourways gesien (was wel silver/SS)
As ek die naweek dalk daar verby gaan sal ek kyk wat die size is

Re: Kydex holster - parte en dra

Posted: Wed Aug 06, 2025 8:31 am
by Jaco vdW
Dankie Louis - ek kon net nie op Quantun se naam kom nie.

Dankie Cpt, laat weet asb wat hulle beskikbaar het.