Page 1 of 1
Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Tue Aug 05, 2025 1:55 pm
by JohanvB
As jy moes kies, sou jy handrat of auto verkies?
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Tue Aug 05, 2025 2:20 pm
by Jaco vdW
Hallo Johan
Ek ry nou vir die laaste 18maande 'n auto (wel D/Cab nie E/Cab). Ek geniet dit baie, vind beide in die dorp en op die lang pad is dit baie meer gerieflik as die handrat. Werk het dieslfde bakkie in handrat waarmee ek van tyd tot tyd ry. Ek ry nie nie genoeg rowwe veld en roetes om 'n handrat daarvoor te regverdig nie. En sover sleep hy lekker, en doen alles wat ek van hom vra op grondpad.
My 2c.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Tue Aug 05, 2025 2:28 pm
by Arnold
Die handrat is bietjie meer ekonomies in terme van aankoop asook brandstof verbruik. Die gerief van die auto is egter vir my die oorwegende faktor en is wat ek weer sal kies nadat ek jare handrat gery het.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Tue Aug 05, 2025 3:13 pm
by Vleisie
Myne is nou wel die 2.4 Extra cab en 2wd nie 4x4 nie.
Ek ry die auto Hilux nou so net oor die 2jaar en dink werklik nie ek sal sommer terug gaan handrat toe nie, myne is gemap en die autobox kalibrasie is gedoen, wat die bakkie nog meer van n plesier maak om te ry en natuurlik help dit ook vir bietjie beter brandstof verbruik.
Ek ry nog gereeld handrat voertuie en dan verlang ek erg na my auto.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Tue Aug 05, 2025 8:40 pm
by Ds J
Ek ry ongeveer 3500km per maand, en n aansienlike deel daarvan oor slegte grondpaaie. Aanvanklik was ek baie ten gunste van n handrat "want hy moet doen wat ek wil". Intussen is ek al moegerig om heeltyd tussen derde en vierde te skakel en oorweeg ernstig om na n outomatiese voertuig te kyk vir die volgende bakkie. Gegewe - ek ry hoofsaaklik alleen, en gewoonlik sonder vrag, Die manne wat hard werk met bakkies verkies gewoonlik n handrat.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 6:56 am
by Heinz Petersen
Johan, jy gaan een van die dae op pensioen. Kry maar solank die outomatiese voertuig. Spandeer jou geld.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 7:05 am
by DWB
Ek is nou al op my 2de Hilux 2.8 4x4 DC Auto en dis net 'n plesier.
Ek ry hom permanent in power mode, want ek hou daarvan

Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 7:20 am
by Ratel
Ek het altyd geglo in handrat tot ek my 2.8 4x4 auto begin ry het. Nou verkies ek auto. Auto ratkaste het ligjare verbeter oor die laaste paar jaar. Hang seker af waarvoor jy die bakkie meeste gaan gebruik.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 7:58 am
by Wouter Roets
Kerels julle moet eendag een van die meer hedendaagse bakkies probeer met outomatiese ratkaste wat nie uit die agtien honders dateer nie...
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 8:01 am
by Geno
Wouter Roets wrote: Wed Aug 06, 2025 7:58 am
Kerels julle moet eendag een van die meer hedendaagse bakkies probeer met outomatiese ratkaste wat nie uit die agtien honders dateer nie...

Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 8:08 am
by Capt. Yoda
hahahahaha
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 8:50 am
by Ratel
Wouter Roets wrote: Wed Aug 06, 2025 7:58 am
Kerels julle moet eendag een van die meer hedendaagse bakkies probeer met outomatiese ratkaste wat nie uit die agtien honders dateer nie...

Daarmee kan ek nou nie stry nie. Moenie 'n goeie gesprek met feite bederf nie Wouter. Darem nog steeds beter as 'n EV.
Re: Hilux E/cab 2.8 4x4 auto of handrat?
Posted: Wed Aug 06, 2025 10:01 am
by RyC
Ek ry 2016 Fortuner 2.8 4x4 handrat.
Indien jy nuut koop sou ek sê gaan vir Auto. Tweedehands sou ek 2 keer dink oor auto.
Ek het lang gesprekke gehad met Toyota toe ek laas jaar my voertuig koop. Hulle het moeg gesoek geraak vir handrat.
Gaan kyk na Toyota se service schedule. Nêrens word genoem dat ratkas olie verander moet word nie. Meest bakkies in SA word gebruik om te sleep wat beteken die box werk harder. Aisin wat die Toyota boks vervaardig sê olies en filter moet ten minste tussen 100k km en 160k km gedoen word. Indien die boks hard werk vroeer...
As ek geld gehad het vir nuwe voertuig sou ek Auto koop en die oorspronklike auto boks vervaardiger se diens skedule volg.