Page 1 of 1

CO2 of gas ram geweer?

Posted: Thu Aug 07, 2025 1:02 pm
by Ruhan
Ek is in die mark vir 'n kuggeweer vir my seun van 11 en ons het oor die na week die Artemis 600W CO2 geweer gesien in 'n combo stel by Blades & Triggers. Dit lyk n a'n baie oulike geweertjie en is lekker lig maar ek het geen ondervinding met CO2 gewere nie. Ek het wel 'n PCP in die verlede gehad maar die tank wat moet opgevul word was vir my problematies gewees.
Ek het ook na die Gamo CFR met IGT sisteem gekyk en dit het na 'n goeie opsie gelyk omdat dit nie die tradisionele veer gebruik nie.

So my vraag is, is die Artemis langtermyn 'n goeie kopie of moet ek eerder kyk na die Gamo?

Ek het 'n CZ457 .22 vir gevalle waar ek verder moet skiet of meer krag nodig het so die luggeweer is meestal vir agterplaas teikens en plaatjies skiet.

Julle advies sal opreg waardeer word.

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Thu Aug 07, 2025 1:33 pm
by Capt. Yoda
Gamo met die gasram/IGT
Die CFR met sy under leaver is van die beter Gamo geweertjies en n ordentlie gasram maak n "gewone" pellet baie lekker skiet, daai CFR met die IGT sal jou laaitie baie lank besig hou

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Thu Aug 07, 2025 5:29 pm
by Arnold
As die PCP problematies was gaan die CO2 geweer gou in die kas bly staan want die CO2 is nie verniet nie.

Ek het destyds 'n Gamo CFR met hout kolf gehad en hy het sommer lekker geskiet met die gewone veer. As jy dalk iewers 'n Weihrauch HW50 raakloop vir 'n goeie prys sal dit bo aan my lys wees.

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 3:47 am
by Klein Chris
Sal die Gamo CFR met die gas ram voorstel
Skiet al vir baie jare met myne. Sovêr hou die goed koop Nikko Stirling teleskoop nog goed

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 8:33 am
by JF123
Weet nie hoe sterk die outjie is nie, maar die gasram span net so moeilik soos die ooreenstemmende veer.

Die CO2 geweertjie is makliker vir klein seuntjies om te gebruik. Soos bo, CO2 is nie verniet nie.

ʼn Goeie geweertjie is die HW35 van Weirach. Maklik om te span en is akuraat genoeg vir skole skiet. Kos net bietjie duurder as die bogenoemde modelle. Die plus is dat pa lekker kan saam skiet.

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 8:47 am
by Ruhan
Baie dankie vir die terugvoer manne. Dit word baie waardeer.
Ek sal gaan kyk na die Weihrauch modelle wat julle voorgestel het as opsies.

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 8:48 am
by Geno
JF123 wrote: Fri Aug 08, 2025 8:33 am
ʼn Goeie geweertjie is die HW35 van Weirach. Maklik om te span en is akuraat genoeg vir skole skiet. Kos net bietjie duurder as die bogenoemde modelle. Die plus is dat pa lekker kan saam skiet.
Hier is die antwoord. My laaitie het 'n HW30 en daardie roertjie skiet 'n barshou. Sy sneller is ook fantasties.

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 8:59 am
by RUPERT
Ek het ook een van die CFR met n gas ram. Een van die Oommies (ongelukkig oorlede) van die airifle groep het daai jare vir my n sneller verandering gedoen saam die gas ram. Baie betroubaar en akuraat.

Die spring het vir n paar jaar gehou voor hy in drie stukke gebreek het. Dus toe waar ek die gas ram laat doen het. Die gas ram is seker vir my
die beste verandering wat op daai cfr kon gebeur het.

Cappie sal dalk die Oom se naam nog onthou?

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 9:03 am
by Capt. Yoda
RUPERT wrote: Fri Aug 08, 2025 8:59 am Ek het ook een van die CFR met n gas ram. Een van die Oommies (ongelukkig oorlede) van die airifle groep het daai jare vir my n sneller verandering gedoen saam die gas ram. Baie betroubaar en akuraat.

Die spring het vir n paar jaar gehou voor hy in drie stukke gebreek het. Dus toe waar ek die gas ram laat doen het. Die gas ram is seker vir my
die beste verandering wat op daai cfr kon gebeur het.

Cappie sal dalk die Oom se naam nog onthou?


Ou Vincent het geweet hoe om met n springer te werk

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 9:19 am
by RUPERT
Daai man het springers verstaan!

Re: CO2 of gas ram geweer?

Posted: Fri Aug 08, 2025 9:51 pm
by HeinM
Jammer vir die hijack

Ek het onlangs 'n puik Gecado Mod. 30 raakgeloop. Old school kwaliteit. Het scope opgesit en hy skiet pinkienael skote op 30m... Die geweertjie het my nou weer skietlus gegee...

Mooi naweek almal