Op soek na 'n PCP, gee raad asb.
Posted: Sat Aug 09, 2025 9:22 am
Dag almal, behalwe vir 'n Gamo youth wat 'n paar bosduiwe drom toe gestuur het, het ek geen ondervinding met lug gewere.
Ons woon nou op 'n kleinhoewe in Slangebaan en my vrou het by haar nuwe vriendin gehoor sy skiet gereëld 'n kobra met haar windbuks, so nou wil vroulief ook een hê. Dalk beter so, voor sy in die tronk op eindig oor sy met my .22 rondhardloop.
Ek kyk tans in die rigting van 'n FX DRS of dalk Dreamline 5.5mm
As ek die nuwe pryse kyk, dink ek 'n 2de handse model sal dalk net my sak pas.
'n paar vrae:
- Ek kyk na FX oor ek aanneem ek sal parte maklik kry as iets fout gaan of as ek wil opgradeer, is ek reg as ek dit sê?
- Is daar 'n ander fabrikaat waarvoor parte vrylik beskikbaar is en wat ek kan oorweeg?
- Is dit nadelig om sy volume tenk permanent onder druk te hou, sodat vroulief net kan gryp en skiet?
Moet ek dalk liewer 'n "underlever gas ram" oorweeg?
- Is dit moontlik of die moeite werd om 'n silencer op te skroef? Ek soek hom tjoepstil sodat ek ook bietjie kan speel sonder dat die bure opgewonde raak.
Ek sal 'n geweer met classic look verkies, ook iets wat redelik kompak is. My 3 jarige was al klaar saam skietbaan toe en het bietjie die .22 se sneller getrek. Dit sal lekker wees om sommer by die huis die 3 jong manne te kan leer.
Duik silinder sal ek kan laat volmaak sonder probleme.
Natuurlik as jy iets te koop het laat weet my asb.
Ek waardeer julle raad, dankie en Groete.