Page 1 of 1
DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Thu Aug 28, 2025 8:19 am
by cloots49
More manne
Wou sommer my nuutste projek met julle deel. EK het nou al so paar sintetiese kolf self geverf met spuit verf.
Mens gee hom n base coat in a matt kleur van jou keuse en dan layer ek gewoonlik drie kleure met n natuurlike spons wat ek by n goeie kuns winkel kry. Die laaste een is ek baie te vrede mee.
Sien fotos aangeheg.
Re: DIY gunwerks camo patroon
Posted: Thu Aug 28, 2025 8:26 am
by Toyrsi
Lyk baie netjies.
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Mon Sep 01, 2025 2:45 pm
by ghriesman
Dit lyk sommer baie goed, het jy moontlik n foto van hoe die spons lyk?
Dankie
Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Tue Sep 02, 2025 8:54 am
by Toxxyc
ghriesman wrote: Mon Sep 01, 2025 2:45 pm
Dit lyk sommer baie goed, het jy moontlik n foto van hoe die spons lyk?
As ek moet raai sal ek dink hy is nou seker groen, grys en geel.
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Tue Sep 02, 2025 9:00 am
by Capt. Yoda
Opgevromelde stuk gladwrap werk ook lekker
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Tue Sep 02, 2025 10:25 am
by Toxxyc
Capt. Yoda wrote: Tue Sep 02, 2025 9:00 am
Opgevromelde stuk gladwrap werk ook lekker
Sommer 'n ou checkers sak werk ook. Jy kan die patroon en "grofheid" van die print verander deur stywer of losser op te frommel.
Kleuterskool tegnieke.
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Wed Sep 03, 2025 8:33 am
by cloots49
Die spons wat ek gebruik het is so iets. Mens kan hom skeer en n paar keer se gebruik uit hom kry.
https://www.takealot.com/coarse-natural ... ID96497756
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Wed Sep 03, 2025 4:16 pm
by ghriesman
Dankie, sal vir my so een kry
Lekker dag
Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Wed Sep 03, 2025 7:47 pm
by snakker
cloots49 wrote:More manne
Wou sommer my nuutste projek met julle deel. EK het nou al so paar sintetiese kolf self geverf met spuit verf.
Mens gee hom n base coat in a matt kleur van jou keuse en dan layer ek gewoonlik drie kleure met n natuurlike spons wat ek by n goeie kuns winkel kry. Die laaste een is ek baie te vrede mee.
Sien fotos aangeheg.
Watter spuitverf gebruik jy? En hoe gehard skat jy gaan die coating wees teen stampe/stote?
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Thu Sep 04, 2025 8:59 am
by cloots49
Ek gebruik rustoleum se reeks
Ek het n kolf vir n goeie vriend gedoen wat seker nou al so jaar met hom skiet en ek moet se dit lyk of die kolf mooi hou !
Re: DIY gunwerks camo paintjob op sintetiese kolf
Posted: Thu Sep 04, 2025 10:41 am
by snakker
cloots49 wrote:Ek gebruik rustoleum se reeks
Ek het n kolf vir n goeie vriend gedoen wat seker nou al so jaar met hom skiet en ek moet se dit lyk of die kolf mooi hou !
Klink goed. Kan jy asb spesifiseer watter spesifieke Rustoleum produkte? Hulle reeks is taamlik wyd...
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk