Page 1 of 1

Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 9:16 am
by Dehan.Rheeder
More Se

Ek is besig om te kyk om my eerste jag geweer te koop en ek is tussen 30-06 en 308 en dan tussen Tikka, Ruger en Howa

Ek wil graag opinies kry oor die Ruger American Gen 2 of daar gekende probleme is en wat om voor uit te kyk as ook op die Howa en die Tikka

Julle insette sal waardeer word

Dankie en mooi dag

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 9:58 am
by 3006
More Dehan
Ek sal voorstel jy gaan kyk en hanteer die gewere en indien moontlik skiet hulle ook.
Ek glo nie jy kan verkeerd gaan met n Tikka nie.
Waar gaan jy die meeste jag? Bosveld of Vlakte? Loop en jag of bakkie ry?

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:12 am
by Dehan.Rheeder
3006 wrote: Thu Sep 18, 2025 9:58 am More Dehan
Ek sal voorstel jy gaan kyk en hanteer die gewere en indien moontlik skiet hulle ook.
Ek glo nie jy kan verkeerd gaan met n Tikka nie.
Waar gaan jy die meeste jag? Bosveld of Vlakte? Loop en jag of bakkie ry?
Hi Daar

dankie vir die terugvoer, ek is van plan om hulle te gaan hanteer, en te skiet indien moontlik, meeste jag sal bosveld wees, en sal 'n gemeng wees tussen loop jag en bakkie jag, hang af saam wie ek gaan om eerlik te wees

ek is darm bloot gestel aan die 2 kalibers want familie en skoon familie het albei kalibers so weet darm hoe hulle skiet in daardie sin, maar die opsies daar buite is eindeloos so het na die forum gekom vir so bietjie rigting aanduiding en watter make om te vermy ens.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:15 am
by LUAN
My volgorde van keuse sou wees
1. Tikka
2. Howa
Die ruger se sneller creep en aksie grof.
Al waaroor ek spyt is met Tikka is dat ek nie meer van hulle gekoop het nie.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:18 am
by Dehan.Rheeder
LUAN wrote: Thu Sep 18, 2025 10:15 am My volgorde van keuse sou wees
1. Tikka
2. Howa
Die ruger se sneller creep en aksie grof.
Al waaroor ek spyt is met Tikka is dat ek nie meer van hulle gekoop het nie.
Dankie Luan

waardeer dit, Tikka se aksie is so glad so maak dit moeilik om van enige iets anders te hou maar hou maar opsies oop

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:26 am
by Lamtjop
Molopo wapens en Frontier arms het Tikka 30-06 gehad vir goeie pryse.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:31 am
by Ratel
Vir die prys verskil sal ek Howa 308 koop.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:35 am
by Leon Crous
Ek is maar 'n Tikka man. Die ander 2 kan nie kers vashou met Tikka net (maar Tikka is effe duurder).
Ek sou 30-06 gaan want met 180gr punte is spoed (gekoopte ammo) redelik matig in elk geval.
As jy self sou laai kan jy is 30-06 ook beter keuse ... (kan spoed bietjie afbring en hom darem bietjie stoot ook as nodig).
Maar net my opinie.
Groete.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:39 am
by Dehan.Rheeder
Lamtjop wrote: Thu Sep 18, 2025 10:26 am Molopo wapens en Frontier arms het Tikka 30-06 gehad vir goeie pryse.
frontier se t3x lite is 'n uitstekende prys, wonder hoe sal die "lite" voel met die 30-06 se skop en self die 308?

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:41 am
by Ds J
Skiet elkeen van die kalibers n paar keer, en koop vir jou eie doelwitte.

Die onlangse mode is om n dik(ker) loop met n swaar(der) kolf te kry omdat dit beter is vir akkuraatheid. Dit is korrek, maar as jy van stapjag hou kan so n roer lastig swaar raak. As jy van n bakkie af jag kan jy kies wat jy wil want die bakkie dra die geweer. Ek self verkies n ligter geweer omdat ek graag stap.

Die argument met akkuraatheid het ook n sagter kant, want die meeste moderne gewere is al heelwat akkurater as 100 jaar gelede. En die meeste ligte gewere (dun loop en ligte kolf) skiet nog steeds akkuraat genoeg vir byna enige gewone jagdoeleindes. n Goeie skut met n dun loop sal waarskynlik beter skiet as n ongeoefende skut met n dik swaar loop - veral as die adrenalien in die veld pomp.

Ek sou n 308 aanbeveel omdat hy soos n Hilux is - nie foute en geite nie, ammunisie beskikbaar, hanteerbare terugskop, ens. Die 30-06 het sy slegte naam blykbaar juis verdien omdat hy redelik hard kan skop. (Dit is n ou oorlogkaliber wat ontwerp is in n tyd toe soldate mekaar op 400m moes kon raakskiet.) Dit is dus n puik algemene kaliber, maar niemand het die arme onervare skuts van die 1960's to 1980's voorberei nie, en daarom het die manne onbewustelik begin "flinch". Die moderne kolwe se ontwerp en knaldempers maak n baie groot verskil.

Hoop dit help!

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:46 am
by Dehan.Rheeder
Leon Crous wrote: Thu Sep 18, 2025 10:35 am Ek is maar 'n Tikka man. Die ander 2 kan nie kers vashou met Tikka net (maar Tikka is effe duurder).
Ek sou 30-06 gaan want met 180gr punte is spoed (gekoopte ammo) redelik matig in elk geval.
As jy self sou laai kan jy is 30-06 ook beter keuse ... (kan spoed bietjie afbring en hom darem bietjie stoot ook as nodig).
Maar net my opinie.
Groete.
Dankie Leon

waardeer dit, dit is die konsensus wat ek ook al na gekom het, en paar ander manne het die ook al gese

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 10:53 am
by Dehan.Rheeder
Ds J wrote: Thu Sep 18, 2025 10:41 am Skiet elkeen van die kalibers n paar keer, en koop vir jou eie doelwitte.

Die onlangse mode is om n dik(ker) loop met n swaar(der) kolf te kry omdat dit beter is vir akkuraatheid. Dit is korrek, maar as jy van stapjag hou kan so n roer lastig swaar raak. As jy van n bakkie af jag kan jy kies wat jy wil want die bakkie dra die geweer. Ek self verkies n ligter geweer omdat ek graag stap.

Die argument met akkuraatheid het ook n sagter kant, want die meeste moderne gewere is al heelwat akkurater as 100 jaar gelede. En die meeste ligte gewere (dun loop en ligte kolf) skiet nog steeds akkuraat genoeg vir byna enige gewone jagdoeleindes. n Goeie skut met n dun loop sal waarskynlik beter skiet as n ongeoefende skut met n dik swaar loop - veral as die adrenalien in die veld pomp.

Ek sou n 308 aanbeveel omdat hy soos n Hilux is - nie foute en geite nie, ammunisie beskikbaar, hanteerbare terugskop, ens. Die 30-06 het sy slegte naam blykbaar juis verdien omdat hy redelik hard kan skop. (Dit is n ou oorlogkaliber wat ontwerp is in n tyd toe soldate mekaar op 400m moes kon raakskiet.) Dit is dus n puik algemene kaliber, maar niemand het die arme onervare skuts van die 1960's to 1980's voorberei nie, en daarom het die manne onbewustelik begin "flinch". Die moderne kolwe se ontwerp en knaldempers maak n baie groot verskil.

Hoop dit help!
Dankie Ds J

Ek hou van die idee van 'n ligter geweer omdat ek graag stap jag ook wil doen, ek het darm al 30-06 en 308 geskiet so weet wat om te verwag van die skop af van altwee kalibers. wat my trek na die 30-06 se kant toe is die veelsydigheid van hom as dit kom by herlaai.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 11:35 am
by Ds J
Albei kalibers kan by 110gr begin. Die 30-06 kan gewoonlik tot 220gr herlaai word, en die 308 kan met bietjie moeite tot 200gr herlaai word. Albei kalibers se trajek raak redelik kettie-agtig met die swaar koeels : ) :)

Geniet dit, en hou ons asb op hoogte soos jy vorder?

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 11:52 am
by Dehan.Rheeder
Ds J wrote: Thu Sep 18, 2025 11:35 am Albei kalibers kan by 110gr begin. Die 30-06 kan gewoonlik tot 220gr herlaai word, en die 308 kan met bietjie moeite tot 200gr herlaai word. Albei kalibers se trajek raak redelik kettie-agtig met die swaar koeels : ) :)

Geniet dit, en hou ons asb op hoogte soos jy vorder?
Dankie Ds J

Ek sal virseker so maak ;D

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 2:52 pm
by sako 30-06
Klink vir my of jy klaar jou keuse gemaak het.
Nou moet jy net die sneller trek en die Tikka 30-06 koop.

Onthou, jy gaan die geweer vir die res van jou lewe gebruik. Indien jy nie nou die kontant het nie, koop hom op n 6 maande betaal plan wat die wapenwinkels offer. Na 6 maande is jy klaar betaal en jy behoort teen daai tyd die lisensie te he.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Thu Sep 18, 2025 3:16 pm
by Dehan.Rheeder
sako 30-06 wrote: Thu Sep 18, 2025 2:52 pm Klink vir my of jy klaar jou keuse gemaak het.
Nou moet jy net die sneller trek en die Tikka 30-06 koop.

Onthou, jy gaan die geweer vir die res van jou lewe gebruik. Indien jy nie nou die kontant het nie, koop hom op n 6 maande betaal plan wat die wapenwinkels offer. Na 6 maande is jy klaar betaal en jy behoort teen daai tyd die lisensie te he.
Dankie, ek is ook seker ek het klaar die besluit gemaak, ek het met Frontier Guns in Klerksdorp gesels hulle het 'n T3 Lite in voorraad wat ek na wil gaan kyk volgende naweek en as dit die een is sal hy aangeskaf word

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Tue Sep 23, 2025 7:59 am
by Dehan.Rheeder
More Manne

so Frontier het 'n Tikka T3 in voorraad, ek gaan die naweek deur ry en gaan kyk, is daar enige iets wat ek moet uitkyk na op die die T3 aangesien dit 'n ouer model is?

ek het gaan oplees T3 teenoor die T3X en daar is nie groot verskille nie anders as die kolf en die recoil lug, so vra maar opinies hier ook of dit 'n goeie koop sal wees ongeag van die ouderdom verskil?

Voorbaat dankie en mooi dag

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Tue Sep 23, 2025 9:13 am
by Malan123
Jy kan die T3 met 'n geruste hart koop

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Tue Sep 23, 2025 10:46 am
by Toxxyc
Die Tikka T3 was vir lank die beste budget premium geweer wat jy kon koop.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Tue Sep 23, 2025 10:48 am
by Dehan.Rheeder
Toxxyc wrote: Tue Sep 23, 2025 10:46 am Die Tikka T3 was vir lank die beste budget premium geweer wat jy kon koop.
Baie Dankie waardeer dit

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Fri Oct 17, 2025 8:26 am
by Dehan.Rheeder
More Julle

Ek wil net 'n update gee, ek het toe die Tikka T3 30-06 by Frontier gekoop, volgende is scope en ringe en al daardie lekker dinge.

Ek wil ook opinies kry oor Warne se ringe wat direct op die Tikka vas sit, is dit 'n goeie opsie om te gaan of is picatinny rail die pad voorentoe?

Dan kyk ek ook na die Arken EPL4- 4-16x44 scope met illuminated reticle as die jag scope, ek sal enige insette waardeer oor die scope ook.

byvoorbaat dankie

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Fri Oct 17, 2025 9:47 am
by Philip J
Koop die beste 3-9 of 4-12 teleskoop wat jy kan bekostig. Dis n jaggeweer, jy wil die glas so helder en duidelik as moontlik hê.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Fri Oct 17, 2025 9:51 am
by Dehan.Rheeder
Philip J wrote: Fri Oct 17, 2025 9:47 am Koop die beste 3-9 of 4-12 teleskoop wat jy kan bekostig. Dis n jaggeweer, jy wil die glas so helder en duidelik as moontlik hê.
Dankie Phillip, ek sal dit in ag neem

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Fri Oct 17, 2025 10:12 am
by JF123
Ek het daardie eindste teleskoop op my .308 en is gelukkig met hom. Het nog nie met dit bo 4 vergroting gejag nie, maar dit doen goed op die skietbaan met sy 16x.

Re: Eerste Jag Geweer Hulp

Posted: Fri Oct 17, 2025 10:33 am
by Dehan.Rheeder
JF123 wrote: Fri Oct 17, 2025 10:12 am Ek het daardie eindste teleskoop op my .308 en is gelukkig met hom. Het nog nie met dit bo 4 vergroting gejag nie, maar dit doen goed op die skietbaan met sy 16x.
baie dankie, ek het deur die einste teleksoop gekyk by Frontier toe ek die geweer gekoop het en was baie gelukkig met die duidelikheid van die glas en ek glo ook nie mens sal sommer bo die 4x vergroting gaan vir jag nie maar lyk na baie goeie teleskoop vir 'n baie goeie prys