Page 1 of 1
Weihrauch HW30S of HW50S.
Posted: Wed Oct 01, 2025 5:52 pm
by ThinusS
Ek wil 'n windbuks koop (.177), hoofsaaklik om uit die vuis uit te oefen en miskien so nou en dan 'n kransduif van my huis se dak af te skiet (my naaste bure is vêr maar ek hou nie daarvan om met 'n .22lr in die lug op te skiet nie en .410 haelpatrone is skaars).
Die twee bogenoemde gewere kos dieselfde, het enige van die twee 'n voordeel bo die ander vir my doel?
Re: Weihrauch HW30S of HW50S.
Posted: Wed Oct 01, 2025 7:44 pm
by Arnold
Die 50s het meer krag as die 30s en my voorstel sou wees om die 50 te kry. Die 30 is klein en baie goed vir kinders. Die 50 is bietjie groter en bietjie sterker en sal beter werk.
'n Bietjie sterker soos 12 ft.lbs en nie die moeilike windbukse om te skiet wat as 1000fps geadverteer word nie.
Persoonlik het ek 'n Weihrauch gekry want ek weet hy gaan hou en ek sal hom vir n kleinkind kan gee.
Jy is nou bietjie vêr maar iets wat baie lekker werk is die HW100 .... bietjie 'n perd van n ander kleur
Re: Weihrauch HW30S of HW50S.
Posted: Thu Oct 02, 2025 2:14 am
by JF123
Soos Arnold sê, die HW50 sal beter wees vir wat jy wil doen. Die 30 is well gemaak vir kinders wat ʼn Daisy ontgroei het, maar grootmense skiet net so lekker saam. Dit is net te lig dat dit nie eintlik veel uit-die-vuis-uit oefening sal gee vir jou jaggeweer nie.
Ek het die HW30 en dit skiet "vloekwoord" lekker.
Re: Weihrauch HW30S of HW50S.
Posted: Thu Oct 02, 2025 6:50 am
by ThinusS
Dankie vir die raad, ek waardeer dit.
'n HW100 is buite my budget vir dié projek en dan het 'n man ook allerhande katoeters nodig om 'n PCP aan die skiet te kry en aan die skiet te hou.