Page 1 of 1

Beretta BRX1 30-06 Springfield

Posted: Sun Oct 19, 2025 10:29 am
by Petrie303
Dagse,

Ek is nou die trotse eienaar van n Beretta BRX1 in 3006!

Ek skiet regs en my seun skiet links... Ek kyk al lankal na die BRX 1 want dan ek en my seun mos die lekker saam dit gebruik, juis omdat mens die geweer regs/links kan maak...

Ek het paar Youtube videos gesien hoe hul een (Wel n 300win mag) hier in SA getoets het en het uitstekend geskiet op gongs van skoot 1 af en toe weet ek ek soek ok so een...

Toe kom daai bargain wat ek nie kon los nie en koop die geweer... met 2 pakkies Sako 180gr Super Hammerheads...

Na ruk is lesensie goedgekeur, Geweer staan in my kluis en gaan sommer gougou Krokodulspruit skietbaan in Pretoria.

Ek bore site geweer op 50m om op papier te kom, skiet 1 skoot doen die nodige vertellings en hier is skoot 2, 3 en 4 met die geweer op 100m:
Sako 3006.jpg
zero die geweer, sit die nodige info in Strelok in. Skiet skoot 5 gong op 200m, skoot 6 gong op 300m and skoot 7 gong op 400m raak... Moet se, dit nie verwag dat geweer so akuraat sal wees uit die boks nie...

Ek het nou so 40 skote deur gewwer se loop met die Sako 180gr Super Hammerheads en geweer skiet hlf MOA groeperings met die boksie rontes...

Gaan nour begin laai met Rudi se Spoor Bullets 165gr... Watch this space...
baretta 3006 .jpg

Re: Beretta BRX1 30-06 Springfield

Posted: Sun Oct 19, 2025 2:37 pm
by tripodmvr
Netjies. Geniet jou roer.