Page 1 of 1

Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Wed Nov 26, 2025 9:02 pm
by Lukie
Ek kort raad, asseblief.

Het enigiemand onderfinding met die Tract Toric TORIC UHD 4-25X50 34mm MRAD ELR FFP teleskope?

Die spesifikasies lees goed, maar ek wonder oor duursaamheid en naverkope diens.

Enige raad word Waardeer.

Re: Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Thu Nov 27, 2025 6:23 am
by pwdejager
Amazing teleskope, maar jy gaan sukkel in SA met na verkoop diens omrede hulle nog nie n verskaffer in SA het nie.

Re: Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Thu Nov 27, 2025 1:25 pm
by Lukie
Dankie Perry

Opvolg vraag: Tract Toric of Vortex Viper PST gen 2?

Re: Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Thu Nov 27, 2025 2:26 pm
by pwdejager
Een met SA Verteenwoordiging en een sonder ;D

Ek is persoonlik mal oor die Tract, as ek in Amerika gebly het sou ek nie eers getwyfel het watter een nie.

Maar omrede ek in SA bly, soek ek iets waarmee ek nie gaan sukkel om waarborg te gebruik nie.

Re: Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Thu Nov 27, 2025 11:42 pm
by Lourens
Ek het 3x Tract teleskope en ek sal met die grootste gemak nog van hulle koop. Great glas, stel presies, en vertoon ook goed. Hulle het wel deesdae n verspreider in SA, maar naverkope diens gaan jy waarksynlik nie die kant kry nie. Hulle is ooknie noodwendig goedkoop nie. Maar ek geniet myne kwaai.

Re: Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Fri Nov 28, 2025 11:16 am
by pwdejager
Stuur asb bietjie die verspreider se besonderhede. Ek het ruk gelede direk met hulle gepraat, en toe was daar nog niemand nie.

Dankie

Re: Raad asseblief - Tract Optics

Posted: Fri Nov 28, 2025 12:31 pm
by Lukie
Dit sal great wees as hulle verteenwoordiging in SA gevestig raak.