Page 1 of 1

CZ P-10C pitting in die loop

Posted: Tue Dec 02, 2025 8:17 pm
by Conna Howa
Hi julle, ek het die naweek weer bietjie my CZ-P-10C skoon gemaak, en toe merke in die loop gesien, maak toe die loop silwer skoon en vat my bore scope om te kyk wat aan gaan, vir my lyk dit soos pitting. Ek weet nie of ek moet begin worry en of dit nog fine is nie. Die geweer het net so onder die 2000 skote deur hom in die 4 jaar wat ek hom het. Dit is my EDC

Re: CZ P-10C pitting in die loop

Posted: Tue Dec 02, 2025 9:36 pm
by Ds J
My M&P9 lyk ook so. Die skade het onstaan toe ons vir 'n ruk by die see was - sweet en seelug kan pragtig teen staal saamsweer ;)

'n Geweersmid het na myne gekyk en gesĂȘ ek kan verdigting voortgaan.