Page 1 of 1

IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Sun Dec 21, 2025 12:11 pm
by projagter
Toe ons onlangs die 7-08 Rem aankoop was dit 'n keuse tussen verskeie van die huidige populêre kalibers of dan hierdie familielid van die 308Win - 308 dop as moederdop met vele van die geroemde onsterflike 308 DNA. As tevrede eienaars van 'n paar 308 skietgoed was die belangrikste vraag : Hoekom nie sommer nog 'n 308 nie?
So kry die 7 08 staanplek langs die 308 gewere en ander kaliber skietgoed. Ladings word uitgewerk, keuses gemaak : 139gr Hornady SST. 43.3gr Hodgson Varget. lapua doppe. CCI BR slagdop. TPL 74mm. ens.
Word die nuweling op sy eerste springbokjag geneem ( moet noem daar word tog maar 'n 308 saamgeneem vir die?). Daar staan toe groot Blouwildebeesbul op 245 meter en KOMONSKYKWATMAAKHY?? HY draai dwars en Kleinseun sit die skoot netjies op die regte plek vir die hart. Doodskoot - tik al die boksies - min vleiskade en vleisbloeding. met die tyd volg heelwat springbokke en nog Blouwildebeeste en nog tot nou net tevredenheid.

Ek sien die Kleinseun en Kleindogter het nou die 7 08 tot voor in die geweerkluis langs hul geliefde leerskiet 308 geskuif.
Ek dink hulle het 'n keuse gemaak.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Sun Dec 21, 2025 12:42 pm
by Ds J
Ek weet van enkele ander skuts wat dieselfde sê. Blykbaar n baie lekker kaliber.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Sun Dec 21, 2025 12:45 pm
by projagter
Laat ons hoor? Laat ons hoor.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Sun Dec 21, 2025 1:39 pm
by tripodmvr
Duisende jagters was tevrede met die 7x57, so die 7-08 behoort dieselfde te doen.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Sun Dec 21, 2025 4:35 pm
by projagter
tripodmvr wrote: Sun Dec 21, 2025 1:39 pm Duisende jagters was tevrede met die 7x57, so die 7-08 behoort dieselfde te doen.
Middag oom Driepoot,
Ja die 7X57 het beslis ook sagte plek. Ekself vat tot nou my 7x57 AI Suidwes toe vir daardie duinskote -- sal seker voordeel hê oor die langer afstande met swaarder punt.
mooiloop

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Sun Dec 21, 2025 5:21 pm
by Glocked
Ek het 'n ruk gelede ook so jeuk gekry vir 'n 7-08. Alles wat ek kon hoor was net goeie terugvoer, almal wat hulle skiet baie tevrede. Herlaai maklik, komponente maklik bekombaar, en as jy jou kant bring, dan ry die bokke gemaklik saam koelkamer toe.

Ek dink daar is een op my lysie vir die nuwe jaar wat voorlê. Oorweeg iets lig en kompak, so lekker stap/bergklim roer, soos die Tikka T3 Lite Roughtec

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Wed Dec 24, 2025 6:18 pm
by projagter
Sou ek by die Tikka T3 iets wou verander?? JA.
Sou die magasyn aanpas om langer TPL te akkomodeer. Langer TPL magasyne is wel ite koop.
Sou keuse vir afstand van landings vanaf skouer voorsien - vir ligter of swaarder patrone vir kleiner sprong.
Sou recoillug 'n vaste montering maak.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Thu Dec 25, 2025 6:40 am
by BenJacobs
Ek het nog nie vreeslik baie met myne geskiet nie, nog net 'n white-tailed ram en elk koeie, maar is so vêr baie tevrede! Ek het op die 7mm-08 tikka t3x light compact besluit na ek baie lank gedink en gelees het en tot die slotsom gekom dat hy presies gaan doen wat die 308 doen met bietjie voordeel in die wind. Ron Spomer se inligting was een van die interessantes.
Groete Ben

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Thu Dec 25, 2025 9:13 am
by projagter
BenJacobs wrote: Thu Dec 25, 2025 6:40 am Ek het nog nie vreeslik baie met myne geskiet nie, nog net 'n white-tailed ram en elk koeie, maar is so vêr baie tevrede!
Groete Ben
Hoe lyk dit met foto van die White tail.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Thu Dec 25, 2025 9:21 am
by tripodmvr

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Thu Dec 25, 2025 7:37 pm
by projagter
Mooi. KOUD. 7 08 krimp seker tot 6mm08.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Thu Dec 25, 2025 7:37 pm
by projagter
BRRRR

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Thu Dec 25, 2025 8:04 pm
by BenJacobs
Jag seisoen was nie te rof nie oom. Was so - 16, hierdie week was die aanvoeling so -38 tot -43.
Geseënde Kersfees aan almal.

Re: IS 7mm 08 Rem EIENAARS TEVREDE JAGTERS.??

Posted: Mon Jan 12, 2026 3:16 pm
by projagter
as dit so "warm", is sal ek dit nie maak nie ;D :):