.410 en haelgrote
Posted: Mon Jan 05, 2026 4:27 pm
Goeie middag mede forum-lede,
Voorspoedige 2026 aan almal!
Terwyl die werk nog stil is, is daar kans om so bietjie te gesels.
Ek het my klein .410 haelgeweertjie nou al so 33 jaar, en dis heerlik om met die geweertjie te speel. Nog nooit betekenisvol met hom gejag soos met die 12Br nie. Die afgelope vakansie het ek 2 pakkies .410 patrone persent gekry. Spaanse Rio patrone, in AAA. Dit het my aan die dink gesit. As ek reg onthou het 'n 12Br AAA rondte sowat 44 korrels in, so met die .410 se klein (2 1/2") doppie is ons seker in die omgewing van 12-14 korrels. Dit gaan nie 'n reuse area dek sonder om 'n baie oop patroon te gee nie. Ek kan onthou van meet af was AAA die volopste patrone gewees - wanneer jy wel kon koop. Wat sou die idee van AAA in die klein halegewere wees?
Dalk maar soos Nico se storie val verlede jaar om bokke op kort afstand in die bos mee te jag?
Vir die manne wat wel .410 skiet, deel gerus julle stories.