Page 1 of 1

.22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Sun Feb 08, 2026 6:32 pm
by mustangsa
Dagsê manne

Ek wil graag hoor of iemand onlangs aansoek gedoen het vir 'n .22-geweerlisensie.

Word .22-lisensies deesdae nog toegestaan en sal die gewone jag-motiverings daarvoor voldoende wees? Ek het so paar jaar gelede (+-2017) aansoek gedoen vir 'n 410-haelgeweerlisensie maar die lisensie is nooit toegestaan nie, my .22 lisensie-aansoek was wel.

Wat is tans die wagtydperk vir die hele proses - van lisensie aansoek tot lisensie-kaart afhaal by die polisie?

Baie dankie

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Mon Feb 09, 2026 7:09 am
by Capt. Yoda
Kan geen rede sien hoekom jy nie tans n .22 kan lisensieheer nie.
Wagtydperk is enige iets van 3 weke to 3 jaar

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Mon Feb 09, 2026 9:41 am
by toxicsox
Geen verskil in .22, 308 of 458 proses of goedkeuring nie.
As jy nog plek het vir Occ Hunting is daar geen rede om nie goed te keur nie.
As jy dit makliker wil maak kontak iemand soos Ranyati Firearm Motivations om die papierwerk names jou te doen.

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Mon Feb 09, 2026 10:03 am
by saswart
Onthou net, jy mag nie jag met .22 volgens regulasies. Se eerder vir oefening, plaagbeheer, skietkompetisies ens. Het al 'n paar .22's so gelisensieer.

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Mon Feb 09, 2026 10:21 am
by mustangsa
Dankie vir die insette mense!

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Mon Feb 09, 2026 9:08 pm
by finch
Ek het tans n 22 aansoek by saps, sal jou op hoogte hou. Weet sa jagters het ekstra vereistes voor 22 endorsement uitgereik word vir jag motivering. Moet kan bewys toegang tot plaas vir plaag beheer of soortgelyk.

Seker makliker om maar as sport skiet te motiveer as jag.

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Mon Feb 09, 2026 9:22 pm
by Branderplank
Het myne gekry onder a16 dedicated hunter

Re: .22 Geweerlisensie-aansoeke

Posted: Tue Feb 10, 2026 7:18 am
by obasch
Dit is 'n mite dat dit moeilik is om .22's te lisensieer, my eerste .22 lisensie in 1980 bekom en sedertdien elke nou en dan nog een, geen probleem.

Laat Kobus van JAGTERSREG-JRM, hier op die forum jou help met die motivering. Hy het my die afgelope paar jaar al gehelp om suksesvol aansoek te doen vir meer as vyf .22's oa semi-outo.