Page 1 of 1

Julle opinie

Posted: Wed Feb 18, 2026 12:45 pm
by Lapua
Dagsê,

Ek soek bietjie julle opinie oor die Sabatti .458 Win roere. Ek verstaan hulle is push feed maar dit pla my nie. Ek oorweeg hom meer vir speel en dalk so nou en dan n bok skiet. Is hulle die sous werd of moet ek eerder die jeuk vir nog n roer met iets anders krap?

Ek luister graag.

Groete

Re: Julle opinie

Posted: Wed Feb 18, 2026 2:50 pm
by tripodmvr
Wou gaan loer na gemiddelde prys en kry toe die aanbod op Gunafrica

https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 39782.html

Re: Julle opinie

Posted: Wed Feb 18, 2026 3:10 pm
by Lapua
Uncle Driepoot,

Ek sien die add is a 6 jaar oud, maar selfs nuut is hulle nie duur nie. Dit is juis hoekom ek na een kyk. Of ek moet dalk n .450 Bushmaster by Kobus kry😈

Re: Julle opinie

Posted: Wed Feb 18, 2026 4:00 pm
by JAGTERSREG-JRM
Lapua wrote: Wed Feb 18, 2026 3:10 pm Uncle Driepoot,

Ek sien die add is a 6 jaar oud, maar selfs nuut is hulle nie duur nie. Dit is juis hoekom ek na een kyk. Of ek moet dalk n .450 Bushmaster by Kobus kry😈
Dagse hang ma af wat is jou gedagte met die wapen.......maar da is wel nog n 450 Bushmaster beskikbaar....

Re: Julle opinie

Posted: Thu Feb 19, 2026 11:55 am
by Carlc
Ek het 'n Sabatti 458wm en geniet hom baie. Ek wou nog altyd n big bore gehad het maar skiet nie elke jaar n buffel nie, so die push feed pla glad nie. Met SBC se 450gr punte loop daai wm baie glad. Moet maar liefs nie oor n tafel sit en skiet nie. Hy stamp so ietwat.