Page 1 of 1
Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Sat Feb 28, 2026 10:17 am
by JohanvB
Dagsê
Wil graag julle opinie kry oor watter elektroniese kruit gooier julle sal aanbeveel..
Het nou al aanlyn gekyk na die Frankford Arsenal Intellidroper 2, Rcbs Link en Supreme..
Ja laat hoor asb wat julle gebruik en hoekom jy dit sou aanbeveel.
Dankie
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Sat Feb 28, 2026 12:17 pm
by tripodmvr
Ek het al vir jare 'n Lyman DPS2 en hy werk nog goed.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Sat Feb 28, 2026 12:18 pm
by Rudi Fischer
Ek love my RCBC Charge Master Combo.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Sat Feb 28, 2026 3:21 pm
by tripodmvr
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Sun Mar 01, 2026 5:50 am
by snakker
Ek gaan jou dieselfde raad gee wat my broer altyd gee as jy n trekker moet koop:
"Jy kan enige een koop, solank hy groen is"
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Sun Mar 01, 2026 6:25 am
by JohanvB
snakker wrote: Sun Mar 01, 2026 5:50 am
Ek gaan jou dieselfde raad gee wat my broer altyd gee as jy n trekker moet koop:
"Jy kan enige een koop, solank hy groen is"
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Dankie
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Mon Mar 09, 2026 4:06 pm
by JF123
Hang af. Hoe akuraat moet dit gooi en hoeveel wil jy spandeer?
As koste nie ʼn opsie is nie kry vir jou ʼn AutoTrickler of Ingenuity Precision. +-0.02gr. Jy mag dalk ʼn paar maande wag vir die Ingenuity Precision.
As geld maar skaars is, dan kyk maar na Chargemaster. +-0.1gr
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Mon Mar 09, 2026 5:15 pm
by JohanvB
Dankie, het die Chargemaster Supreme gekry, sovêr baie baie tevrede.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Mon Mar 09, 2026 6:33 pm
by tripodmvr
Vir gewone jagwapens is 0,1 na 0,2gr verskille nikseggend as jy binne 'n nodeband laai nie. Vir langafstandskiet is dit egter 'n ander storie om ES so laag as moontlik te kry.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Mon Mar 09, 2026 7:14 pm
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote: Mon Mar 09, 2026 6:33 pm
Vir gewone jagwapens is 0,1 na 0,2gr verskille nikseggend as jy binne 'n nodeband laai nie. Vir langafstandskiet is dit egter 'n ander storie om ES so laag as moontlik te kry.
Ek laai somer met rooi lee kruit droppers vir elke kaliber en n ordentlike skaal. Ekt al meeste van die auto masjiene gebruik en gehad en ek sal kringe om hul gooi met daai Lee kruit goeiers. As jy hoe volume laai is dit verseker makliker met die auto masjiene maar is verseker nie n moet vir enige kompetiesie skiet nie, die skaal is maar die groot ding en daar is wat nie n huis se prys kos nie wat baie akuraat gooi tot 2 desimale
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Tue Mar 10, 2026 3:20 am
by JF123
Jy kan net so konstant laai met die Lee balkie skaal. Akuraatheid is ook so +-0.1gr want min mense weet hoe die vernier werk, maar die presiesie is minder as 0.02gr. Dit vat net baie langer. Dit is meer presies as enige van die goedkoop skale.
Goedkoop, presies of vinnig. Kies twee.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Mon Mar 16, 2026 4:47 pm
by Armand Steenkamp
Los maar net die lyman. As jy probleme optel met die skaal dan is die invoerders nie wakker genoeg om hom reg te maak nie.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Tue Mar 17, 2026 5:04 pm
by avo
Frankford Arsenal Intellidroper 2 - werk sover vir my bitter goed en baie maklik.
Re: Watter elektroniese kruit gooier
Posted: Tue Mar 17, 2026 5:07 pm
by avo
Frankford Arsenal Intellidroper 2 - werk sover vir my bitter goed en baie maklik.