Page 1 of 1

Barrel Fluting?

Posted: Wed Mar 25, 2026 3:44 pm
by Stukkies
Goeie Middag

Ek vra om verskoning vir die engelse brief hoof.

Ek het 'n Howa 1500 met 'n duk loop en het die afgelope twee jaar met hom gaan jag, hy werk goed vir bakkie jag of skuiling sit maar as jy dit heeldag in die koppe en digte bos saamsleep is hy nie jou maat nie.

1. Het iemand al so Howa se loop laat flute om hom ligter te maak?
2. Het julle enige akkuraatheid in geboek, hierdie is 'n 300 PRC so hy skop redelik en ek het gehoor die 300 mags is nie lief vir 'n din loop nie?
3. Is daar 'n wapensmid wat julle sal aan beveel, ek woon in Randburg, so enige iets binne dalk 100Km sal werk?
4. Ek het reeds met Eagle Barrels gesels, het iemand hulle al voorheen vir so iets gebruik? Ek het onlangs 'n video op Facebook gesien van hulle werk wat my bietjie bang maak. https://www.facebook.com/reel/1231450658624458
5. Ek wag nog om te hoor van Accurate Arms, as iemand hulle werk dalk ken.

Groete
Pieter

Re: Barrel Fluting?

Posted: Wed Mar 25, 2026 4:06 pm
by Riaan Kriel
Kontak Gun Warrior in Centurion https://www.gunwarrior.co.za/gun-warrior-accessories

Hulle het van my vriende se gewere gesny en Cerakoating gedoen. Goeie diens en billike pryse. Jy gaan nie vreeslik veel gewig spaar nie.. maar jou geweer gaan BAIE mooier lyk ;) Geen verskil in akkuraatheid nie. Die gewere skiet steeds 'n barshou

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 9:23 am
by pwdejager
Stem saam met Riaan, Gunwarrior.

Ons stuur selfs gewere van die Kaap na hulle toe.

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 10:09 am
by Ds J
Gunworx in Krugersdorp doen baie goeie werk.

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 10:48 am
by Stukkies
Baie dankie, ek waardeer al die hulp. Sal Warrior en Gunworx kontak.
Enige terugvoer oor of dit die loop dalk meer sensitief en minder akkuraat maak.
Dit is 'n 24 Duim en ek gaan dalk ook so 2 Duin afsny om hom korter te maak, hy is baie lank met 'n knaldemper op of is 'n Reflex knaldemper eerder die antwoord?

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 1:14 pm
by Capt. Yoda
Wil jy hom flute en korter maak?
Die korter loop sal niks met akuraatheid beinvloed nie in teendeel dit kan dalk bq help maar sal dit nie makliker wees om net n korter KD te kry nie? Beste is seker om 2 duim af te chop en n korter KD te kry, iets soos Warriro se shorty met daai klein brake voor op. Die PRC skop n bq maar ek glo so shorty net n brake sal hom dam rustig maak

KD is seker nie altyd idiaal in digte bose nie maar is nie altyd maklik om een geweer vir verskilinde goed te gebruik nie

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 1:31 pm
by Stukkies
Hi Kapt.
Ek is regtig moeg vir die swaar kettie en gaan hom flute en korter maak. Die swaar houtkolf moet ek ook ruil vir iets ligter soos 'n carbon fibre kolf (sal so bietjie later gebeur, ek wil nog geld oor he vir 'n mooi koedoe). Ek het op die oomblik 'n APW Warbird mag kd. wat baie swaar en lank is so sal kyk na die shorty. Sal by hulle moet hoor of hy geskik is vir 'n magnum.

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 2:25 pm
by Wouter Roets
Hallo Stukkies

Persoonlik sal ek op die 300 PRC en soorgelyke overbore rondtes nie korter as 24 duim gaan nie. Die rule of thumb met rondtes wat stadig en ultra stadige poeier gebruik is dat hulle baie meer sensetief is vir korter lope vanwee die ontbrandingseienskappe van die poeiers. Dit is wel doenbaar wees maar besef dat jy redelik gaan inboet met jou spoed, Verder sal daar heelwat meer poeier wees wat wat nie ontbrand nie wat moontlik akkuraadheid kan affekteer. Dis nie n reel nie maar iets wat wel kan gebeur.

Groetnis
Wouter

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 2:45 pm
by Glocked
Kyk mooi na al die kostes vir fluting en cerakote, plus die risiko van nuwe lading ontwikkel en al daai dinge, versus 'n nuwe 308 Howa vir 'n stap jag gun ook

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 2:54 pm
by Stukkies
Haha
My vrou sien nie die verandering in my bestaande kettie raak nie, maar sy sien as 'n nuweling by die deur inloop.

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 2:57 pm
by Ds J
Sal dit nie sinvoller wees om n korter, ligter stapgeweer te kry nie?

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 3:41 pm
by heywillie
Stukkies wrote: Thu Mar 26, 2026 2:54 pm Haha
My vrou sien nie die verandering in my bestaande kettie raak nie, maar sy sien as 'n nuweling by die deur inloop.
As jou vrou agterkom jyt 'n nuwe geweer, het jy nie genoeg gewere nie.

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 3:46 pm
by Stukkies
heywillie wrote: Thu Mar 26, 2026 3:41 pm
Stukkies wrote: Thu Mar 26, 2026 2:54 pm Haha
My vrou sien nie die verandering in my bestaande kettie raak nie, maar sy sien as 'n nuweling by die deur inloop.
As jou vrou agterkom jyt 'n nuwe geweer, het jy nie genoeg gewere nie.
Dit is die waarheid, maar sy is goed met boekhou. ++>:

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 5:25 pm
by Glocked
As ons hier ook lope kon koop oor die toonbank, sal ek makliker die kans vat om aan 'n ding te sny en te hoop hy werk nog soos hy moet. En jy moet mooi gaan kyk na hoeveel gewig jy rerig gaan kan spaar, en hoeveel recoil weer gaan bykom agv die gewig wat weg is, dan raak dit moeilik om impak raak te sien ens.

Dis dalk nie die vraag nie, maar 'n lekker ligte stap roer is dalk wel die antwoord.

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 5:55 pm
by tripodmvr
Miskien kan die' jou help om 'n idee van gewigverlies te kry.

https://pac-nor.com/barrel-weight-calculator/

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 6:35 pm
by Stukkies
Ek het gou die some gemaak.
Dit lyk vermy of ek so 2.2Kg kan spaar.
Loop 400g
Sintetiese Kolf 1.6 Kg ligter as hout kolf.
Reflex silencer is 3 Duim korter en 200g ligter
Dit is 'n redelike groot verskil.
Prys van die alles is R16 800
Teen Nuwe Howa 308 - R15 000 (Hogue stock) + Optic R15 000 = R30 000
Nuwe geweer is omtrent 1.5Kg ligter

Re: Barrel Fluting?

Posted: Thu Mar 26, 2026 11:13 pm
by Ds J
Dalk maan ek onnodig: maak asb seker hoe die 300PRC met n korter loop werk? Is die mense tevrede daarmee, en hoeveel boet hy in van sy huidige vermoëns?

Dit help nie jy sit agterna met dieselfde resultaat as n 30-06AI nie.