Page 1 of 1

6mm SLR begin lading

Posted: Tue Apr 07, 2026 1:47 pm
by 264 Win Mag
Ek is opsoek na 'n begin lading vir 'n 6mm SLR met Somchem S365. Ek gaan Hornady doppe, Lapua L 105 grein punte en CCI LR primers gebruik. Die geweer het 'n 27 1/2 duim loop met 'n 1/8 twist. Ek weet N550 en ander kruite sal beter werk maar ek het nog 'n redelike vooraad S365. Sal daar 'n voordeel wees om LR magnum primers te gebruik of moet ek eerder dit vermy.

Re: 6mm SLR begin lading

Posted: Tue Apr 07, 2026 3:29 pm
by tripodmvr
1. Ek het die 243Win gebruik om mee te bereken in QL.
2. Jy het nie die Lot No. gegee nie - S365 kan baie wissel in brandspoed. Ek het dus maks lading minus 10% gebruik en dit dui op 38gr vir 'n begin. Spoed bereken as 2830vps, so werklike spoed sal wys oor brandtempo.
3. Gebruik eers gewone slagdoppe. Indie die dop te vol raak kan ons na die magnums kyk.
4. Vir finale berekeninge sal die gemete looplengte, dopvolume, TPL en lading gebruik, nodig wees.

Re: 6mm SLR begin lading

Posted: Tue Apr 07, 2026 8:12 pm
by Capt. Yoda
365 loop mooi in die SLR. As jy klomp het gooi hom met dit, std primer is meer as genoeg

Re: 6mm SLR begin lading

Posted: Thu Apr 09, 2026 10:51 am
by 264 Win Mag
Dankie manne ek begin daar en kyk waar ek uitkom