Page 1 of 1

Ligste fabrieks gelaaide ammunisie vir 30-06 (punte)

Posted: Thu Apr 09, 2026 4:11 pm
by PRIVATE RYAN
Dagsê!

Wat is die ligste fabrieks ammo beskikbaar vir 30-06?

Ek wil my ligter 8mm Mauser gebruik vir die bos en die swaarder 30-06
se bene bietjie rek op die vlaktes.

Groete

Re: Ligste fabrieks gelaaide ammunisie vir 30-06 (punte)

Posted: Thu Apr 09, 2026 5:42 pm
by Glocked
Ligter punte gaan nie noodwendig beter wees nie, vir langer afstande gaan beter BC meer beteken as net gewig. Kyk dalk na iets soos die 150gr of 168gr Barnes TTSX ammunisie, dan kan jy ligter skiet met beter BC, of anders iets soos Hornady met die 178gr Eldx punte ? 165gr Norma Bondstrikes kan ook lekker werk.

Re: Ligste fabrieks gelaaide ammunisie vir 30-06 (punte)

Posted: Thu Apr 09, 2026 7:24 pm
by Klein Chris
So bietjie gaan Google.
Wil voorkom of 150 grein die ligste fabrieks ammunisie wat beskikbaar is in SA

Re: Ligste fabrieks gelaaide ammunisie vir 30-06 (punte)

Posted: Thu Apr 09, 2026 8:01 pm
by Capt. Yoda
Jy kry (of het altyd) 125gr SST winkel ammo ok ma dis vir varke en goed op 200m. Kyk na Hornady se 178gr ELDs vir jou 30.06

Re: Ligste fabrieks gelaaide ammunisie vir 30-06 (punte)

Posted: Thu Apr 09, 2026 8:50 pm
by tripodmvr
Die 125's vloge weg teen 'n enorme spoed, maar by 300m is sy go op en val hy soos 'n baksteen. Daar is 'n rede hoekom 180gr vir die 30-06 aanbeveel word.

Re: Ligste fabrieks gelaaide ammunisie vir 30-06 (punte)

Posted: Fri Apr 10, 2026 7:45 am
by Toxxyc
Die .30-kaliber het nie 'n probleem met 'n reeks koele nie, daar is 'n wyd genoeg reeks. Ek het selfs 85gr koele hierso, maar het nog nie die binnegoed om hom te probeer skiet nie.

In die .30-kaliber het ek agtergekom jou BC en SD is meer belangrik, veral as jy wil verder skiet. Daar is bitter mooi swaarder mono pitte wat baie stewige BCs het, soos die Peregrine Gliders. Sal baie oulik wees as 'n plaaslike herlaaier gelaaide rondtes maak met sulke tipe swieties in.