Page 1 of 1

Quick Load Hulp gevra - Howa .375 Ruger, 270gr Barnes LRX, VV N550

Posted: Tue Apr 14, 2026 2:34 pm
by MariusBez
Goeiedag,
ek het nou al deur 'n hele paar stukke op die forum gegaan en probeer net 'n mate van bevestigging kry oor 'n gepaste lading of begin punt vir my jaggeweer. Hy sal gebruik word vir alom gebruik, dus bos tot so 300m.

As enige iemand dalk met ondervinding of 'n program net kan bevestig of ek op die regte spoor is, vir veiligheid en volhoubaarheid? Die komponente raak nie goedkoper nie ;D

Die gegewens:
Cal.: .375 Ruger
Barrel Length: 610mm / 24inch
Propellant: Vithaviouri N550
Primer: CCI 250 LR Magnum
Bullet: Barnes LRX 270gr
TPL: 88,50mm (2,80mm jump)
Kamer Lente: 91,3mm Max
Magasyn Lengte: 90,2mm Max

Ek dink om met 3 ladings te begin werk:
74
74,5
75

Wil kyk na spoed van nagenoeg 2650fps

Baie dankie, ek waardeer enige terugvoer.

Re: Quick Load Hulp gevra - Howa .375 Ruger, 270gr Barnes LRX, VV N550

Posted: Tue Apr 14, 2026 2:52 pm
by tripodmvr
Ek het met QL 'n 73gr beginlading bepaal, so 74gr behoort veilig te wees. Met 74gr word 'n spoed van 2540vps bereken. Die spoed wat jy dan werklik kry sal wys hoe die komponente saamwerk. As jy dus baie meer spoed kry, trap liefs briek en bring die spoed en ook dopvolume sodat ons 'n beter berekening kan verkry en jou gouer by 'n node te kry. Selfs net 3 skote met 74gr sal nou al voldoende wees.

Re: Quick Load Hulp gevra - Howa .375 Ruger, 270gr Barnes LRX, VV N550

Posted: Tue Apr 14, 2026 3:04 pm
by MariusBez
tripodmvr wrote: Tue Apr 14, 2026 2:52 pm Ek het met QL 'n 73gr beginlading bepaal, so 74gr behoort veilig te wees. Met 74gr word 'n spoed van 2540vps bereken. Die spoed wat jy dan werklik kry sal wys hoe die komponente saamwerk. As jy dus baie meer spoed kry, trap liefs briek en bring die spoed en ook dopvolume sodat ons 'n beter berekening kan verkry en jou gouer by 'n node te kry. Selfs net 3 skote met 74gr sal nou al voldoende wees.
Baie dankie tripodmvr,
ek sal spoed op 74gr gaan meet en terugvoer gee.

Dop Volume: 99,30gr