Oos-Kaap jag - 2025
Posted: Mon May 11, 2026 1:03 pm
Vroeg Woensdagoggend vat ons die pad van Prince Alfred’s Hamlet (net Noord van Ceres) na Steynsburg in die Oos-Kaap. Dis koud en donker, en ons is op pad. Die eerste stop is op Beaufort-Wes vir Diesel. Daarna Graaff-Reinett vir jaglisensies, vining stop op Middelburg vir nog bietjie diesel, en dan die laaste omtrent 70km plaas toe.
Ons is betyds vir middagete op die plaas, en die opwinding loop hoog, veral onder die 4 jong manne. ‘n Paar skote word geskiet om te kyk of die gewere mooi gereis het, en die teikens bevestig dit.
Daar is nog so 3 of 4 ure daglig oor, en ons vat die pad veld toe. Die plaas het ‘n redelike groot vlakte wat in die lengte begrens word deur ‘n lekker hoë rant. Daar is ‘n paar klowe waardeur die diere kan beweeg tussen die groot vlakte aan die huis se kant, die berg self, en die vlakte agter die berg.
Jag op die plaas is grotendeels loop en bekruip, en soms word ‘n man of twee bo in ‘n kloof geplaas om te kyk of van die diere deur die kloof beweeg agv die ander jagters wat beweeg op die plaas. Alles word baie mooi beplan, en daar word telkens baie sterk klem gelê op veiligheid.
Tiaan, die grondeienaar, het ‘n nuwe pad laat skraap oor die berg nadat die vorige een redelik water skade gehad het. Die nuwe pad maak toegang tot die plaas baie goed.
Met die heerlike windstil weer, en laaste paar ure se lig laat die manne nie op hulle wag nie, en ‘n netjiese klomp bokke is oppad terug koelkamer toe.
Die gemoed in die kamp is baie goed na die vroeë sukses. Ons maak kos op die vuur, en kruip redelik vroeg in. Dag twee breek aan. Die wind waai, en die Beukehout-bome laat dit klink of die plaas weg gaan waai. Terug in die veld kom ons agter dat daar baie skuilplek is naby in in die ranteveld waar die wind minder sterk is.
Ek sit bo-op die berg en hou die bo-kant van twee klowe dop. Op ‘n stadium kom die trop gemsbokke en die trop blouwildebeeste op ‘n drafstap verby. ‘n Rukkie later hardloop ‘n baie groot gemsbokbul amper bo-oor my waar ek teen ‘n rots sit en die wêreld dophou. Baie indrukwekkend om die dier op minder as tien tree te sien. So skuif ek nader aan die westelike kloof, en ek hoef nie lank te wag voor twee rooihartbeeste verskyn nie. Kort op hulle hake is ‘n klomp gemsbokke. Die trop stop bo op die plat gedeelte waar die kloof uitloop op die berg. Voor in die trop is ‘n mooi groot koei. Sy stop en kyk rond. Dit gee my genoeg tyd om die 7x64 se teleskoop te laat vas suig net agter die skouerknop. Die skoot klap, en die 150gr Barnes TSX tref die kol. Sy gee so twee tree vorentoe en struikel. Saggies haal ek die geweer oor en sit die doppie in my baadjie se sak. Die koei is plat, en toe ek effe na links kyk, kyk ek en ‘n mooi gemsbokbul vir mekaar. Hy draai dwars, en die skoot klap – skaar 6 sekondes na die eerste skoot op die koei. Deur die teleskoop sien ek die rooi kol reg agter die blad. Hy beweeg vorentoe, staan ‘n rukkie stil, en begin moeisaam teen die rant op klim. Met die het hy gegoeg gedraai dat ek die uitgangswond kan sien. Beide merke lyk goed, maar die bul bly op sy voete. Na seker ‘n minuut begin hy wankel, en val om. Ek stap nader. Beide bokke is reeds dood.
Nou begin die harde werk. ‘n Bakkie ry nie in die veld nie, daar is hopeloos te veel groot klippe. So dis pens uithaal, en die bok op ‘n stuk seil laai, vas bind, en dan kos dit drie of vier manne wat lus het vir bok sleep om hom tot by die bakke te kry!