Page 1 of 1

Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Fri May 15, 2026 8:59 am
by Arnold
Ek het nou onlangs Howa lang aksies met diklope gekry en wonder nou watter kolf/chassis beskikbaar is.

Dit lyk my vir die kort aksies is daar baie meer opsies so wil maar hoor wat julle gebruik of weet van wat beskikbaar is.
As jy sommer 'n koste (naastenby) ook kan bysit sal dit great wees.

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Fri May 15, 2026 10:42 am
by heywillie
Het vir jou 'n Whatsapp gestuur

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Mon May 18, 2026 8:12 am
by Arnold
Baie dankie, ek sien niemand anders gebruik aftermarket kolwe of chassis vir hulle Howa LA gewere nie.

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Mon May 18, 2026 8:39 am
by finch
Ek het n warrior Gen7 op my 300PRC

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Mon May 18, 2026 8:43 am
by Glocked
Ek het 'n Smoking Guns kolf op myne, kan nie presies die model onthou nie, soos 'n A5 copy, met verstelbare wangstuk ens. Werk baie lekker, mooi gebed, swaar en stewig. Goeie kwaliteit vir die prys dink ek.

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Mon May 18, 2026 11:19 am
by Giepie
Boyds het laminated kolwe vir Howa's. Ek het 'n Pro varmint vir 'n dik loop Howa wat beskikbaar is as jy sou belangstel. Waar is jy?

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Mon May 18, 2026 11:41 am
by Arnold
Giepie wrote: Mon May 18, 2026 11:19 am Boyds het laminated kolwe vir Howa's. Ek het 'n Pro varmint vir 'n dik loop Howa wat beskikbaar is as jy sou belangstel. Waar is jy?
Ek sien nou ons Location detail is nie meer beskikbaar by jou naam as jy 'n plasing gemaak het nie. Ek is Brackenfell.

Ek het al na die Boyds opsies gekyk maar moet eerlik wees dat ek nie meer kolwe oorweeg waar die wangstuk nie verstelbaar is nie. Ek weet mens kan die Boyds nou bestel met 'n verstelbare wangstuk en dink die Pro-Varmint is 'n baie lekker opsie.

Re: Howa LA stock/chassis availabilty?

Posted: Mon May 18, 2026 11:55 am
by Toyrsi
Hier by ons is 2 Howa 7PRC's met kolwe wat Micheal MG gebou het. Baie netjies