Page 1 of 1

Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 9:20 am
by TFDADD
Ek gaan seker gestenig word met wat ek nou hier gaan kwytraak ... ... maar nou ja dit is maar my siening ... ...

Stapjag is nou maar eenmaal my voorkeur manier van jag, jou bok te voet bekruip totdat jy binne gemaklike skiet afstand is en dan jou skoot so goed jy kan plaas.
Met dit gesê roem ek nie daarop dat ek nog nooit van 'n bakkie af geskiet het nie, nee, dit het ek ook net gedoen waar daar uitdruklik gesê word dis hoe dit op daardie plaas gedoen word.
Maar verseker jag ek nie weer op daardie plaas nie.

Bogenoemde na aanleiding van wat ek hier op die forum lees, naamlik hierdie saamgestelde plasings van jagters:
Altyd netjies om paar bokke op die voet te skiet in 'n area waar die plaaslike ouens jou met sulke vraagteken oë aankyk as jy sê jy gaan stapjag.

Tango Fire 4000 rangefinder @ R30k
Bederf jouself en verander jou huidige teleskoop in n Swaro DS , range jou eie bokke deur jou eie teleskoop.Verminder so bietjie die foutjies tydens bok koors.Best of both worlds.

Ek kan heeltemal saam stem, ek het onlangs een gekoop en hy het my Element RF module vervang. Nie eers amper vergelykbaar nie.
Die unit range verskriklik vinnig, die vibration as hy gerange het is awesome, want jy kry immediate terugvoer dat die range gedoen is.
Maklike link met my Kestrel en omdat altwee Applied Balistics is en gebruik is die leasings op altwee die units spot on.
My vraag is net, maak al hierdie hoogsontwikkelde tegnologiese instrumente nie die ware jagkuns van te voet bekruip, jou bok in sy gebied te uitoorlê en dan te skiet, nie heeltemal tot niet en dat ons nageslagte die kuns heeltemal afleer nie?

Re: Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 10:06 am
by Jaco vdW
Ek weet nie of dit nodig is om enige iemand te stenig nie, in die laaste klomp jare het ek baie meer die uitkyk van "live and let live".

Soos jy, verkies ek defninitief ook stap-jag. Dit is baie lekkerder om so in, en deel van die veld te wees, en die genoegdoening om enige dier op die wyse suksesvol te jag, is groot.

Ja, ek het al 'n klompie bokke van 'n bakkie af geskiet. Sal seker dit weer doen, maar dis nie vir my regtig lekker nie, doen dit bloot om die vrieskas vol te hou. Dit is egter 'n persoonlike voorkeur. Die skoon en vinnige dood van die dier weeg hier vir my swaarder as die metode - dis nou stap vs bakkie vs voorsit, ens.

Tegnologie is 'n moeilike vraag, en ek sê dit spesifiek oor ek nie weet wat die antwoord is nie. Waar trek ons die streep?
Is 'n los range finder en teleskoop OK, maar 'n teleskoop met 'n range finder in is nie?
Is 'n teleskoop OK, of moet ons terug gaan oop visier toe?
Kan ons met gewere jag, of is 'n boog beter?
Compound boog of lang boog?
Ons kan heeltemal die pot mis sit met die tipe argumente.
Waarmee ek wel saamstem, is dat die toerusting, tegnologie en ander fieterjasies nie die ervaring moet oorskadu nie. Die ander gevaar met al die goed, is dat dit die skut se aandag aftrek. Wat ek hiermee bedoel, is dat jy te veel aandag aan al die goed skenk, en nie konsentreer om 'n goeie skoot te skiet nie, en veral as jy onder tyds-druk is nie. Dit sien ek te gereeld op die baan tydens die CHASA tipe skiete, en veral met nuwe skuts.

'n Ander groot euwel is natuurlik tyd. Mense knip jagte kort na die minimum moontlike tyd oor ons gejaagde lewensstyl, en moet dan in 1 of 2 dae al sy bokke vir die jaar skiet. Daar is ook nie tyd om behoorlik te oefen voor die seisoen nie, so elke moontlike hulpmiddel word gekoop en ingespan om die bok te laat bakkie ry. Ook dalk maar deel van die sogenaamde "instant gratification" kultuur?

Dis maar my 2c oor die saak.

Re: Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 10:39 am
by Capt. Yoda
Daar is meer as net een manier om te jag, ek het al bokke op 6m in baie digte bos gesket en ek het al bokke ander kant 600m van n koppie af geskiet, hel ek het al bokke met n drone af geneem tewryl hulle op 800m geskiet word.
Al 2 het sy eie unieke uitdagings, as jy nog nie een gedoen het nie bly maar in jou lane soos die engelse sal se en laat die mense doen wat vir hulle lekker is.

Al 2 of 3 as jy nou bakkie jag in werk is lekker op sy eie manier jy kan seker nog in n hide wag ook by sit en ek het dit ook al gedoen en dit het ook sy plek.

Oor waar trek ons die streep met toerusting of hoe n dier gejag word, die dag wat iemand vir my se ek mag nie dit doen nie en moet dit doen is die dag wat ek klaar gejag is, ek betaal n premie vir die bok wat ek jag en sal hom jag soos ek wil terwyl dit wettig en eties gedoen word en voor iemand vra wat eties? Dis as ek my bok skiet en nie voel ek moes dit eintlik beter of anders gedoen het nie.

Huidiglik is ek weer op die voet in die bos jag fase sonder swaar gewere met groot scopes en n sak vol toerusting maar eks seker na n jag of 3 sal ek weer lus raak vir bakkie jag en dan na dit weer lus raak vir noem dit maar voor sit in die berge

Wat ek jul wel kan se is dat dit vat baie meer voorbereiding om n bok op 600m in die Vrystaat te skiet as wat dit vat om n bok op 25m in Zeerust te skiet

Re: Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 1:28 pm
by Lategan1
@yoda: Dat jy so diep dink op hierdie Vrydag?
Ek dink jy het dit baie mooi saamgevat, tot die spelling maak uit!

Mense is vandag baie meer bewus van natuur- en wildbewaring, goeie jagpraktyk en skootplasing as in my jong jare, t.w. 70’ en 80’s. Die ekonomiese waarde van wild het veral bygedra tot groter bewustheid en eenskoot doodskiet min vleisskade ens.

Ek is baie opgewonde oor die pad vorentoe, raak wel relatief duurder.

Beste.

Re: Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 1:47 pm
by Capt. Yoda
Ja die finansiele aspek is besig om die dinge bq te verander, ek dink die dae van 3 manne wat oor n naweek n bakkie vol springbokke en 7 gemsbokke vir hul self skiet se dae raak min of wel kom ek se vir die algemen jagter. n Plaas waar op ons jag se pryse is aan die duurder kant want hulle is meer gemik op die buitelander waar hulle 320+ dae n jaar jag maar hulle "biltong" jag datums is 3 jaar voor uit geboek vir die SA manne so die manne is nie bang om te betaal nie, soos hulle se you got to pay to play.

Ek raak ook nou seker oud en kyk terug na die dae wat my Pa net saam gegaan op n jag en betaal het vir wat ek skiet en dit is nou waar ek en ek is seker baie ander manne ook is. Jy gaan maar saam om bq in die velt te wees en te kyk wat jou knaap skiet en dit is ook lekker. Ek sal vandag baie eder 1 mooi bok soek en skiet oor n naweek as wat ek n bakkie vol blesbokke skiet maar dit is ook nie altyd wat n boer soek nie.

Ek het nou die laaste tyd nog so laaste jag plek probeer soek en dis opvallend hoe baie manne jou somer vra wat jy wil jag voor hul n pryslys of datums vir jou stuur, ek het die een gese ek skiet wat ek sien wat vir my mooi is toe is sy antwoord aan my hy wil net seker maak of daar genoeg is, so of dit nou n manier is om te sien of jy sy tyd werd is en of hy regtig so min wild het sal ek nie weet nie

Ek WA baie opgewonde so 3 weke terug my Pa met n pryslys van n man wat mooi Njalas het en ek dink nog dis n bargain prys as ek kyk na wat die mense vra. Hy vra my of die ou Bfk in sy kop is met daai pryse, so ja in die 3 of 4 jaar wat hy nie meer jag nie het dinge taamlik verander, sal julle nie eers se wat hy gese het toe ke hom se wat n Gemsbok tans kos nie.

Re: Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 3:15 pm
by Toxxyc
My heel eerste bok met my nuwe .30-06 was by Eduard. Net aangekom en ek is eerste, die eerste dag. Ons ry en skaars 'n uur in ry ons 'n trop bokke raak. Nuwe geweer, ek't hom ingeskiet en ingestel en die FFP scope werk mooi met Strelok+ en hy range die bok op so amper-amper 300m. Ek dial die scope en sê van agter die bakkie af "ag man ek skiet hom sommer van hier af". So half tong-in-die-kies, so half nuuskierig, want ek weet mos ek kan met die geweer tot op so 500m redelik mooi akkuraat skiet. Hy sit die bakkie af en sê "reg, wil jy probeer?" so half of dit 'n uitdaging is.

Geweer lê mooi stil, bok staan en kyk weg van my af, ek is direk van agter af. Wind waai nie, ek dial die afstand, mik mooi en die bok slaan net daar neer. 180gr Federal Fusion in op die regterboud, breek alles van agter tot voor en ons kry die koeël onder die linkerskouer, net agter die sleutelbeen. Skoot was perfek, bekken gebreek (so sy sou elkgeval nie kon beweeg nie), maar van daar af het hy effens boontoe gedraai, ruggraat gebreek en toe weer ondertoe getrek. Elke dinkbare orgaan is getref, behalwe die hart.

En net so, in 'n oogwink, minder as 'n minuut nadat ons die bokke gesien het, is die jag verby. En dis ook net daar waar ek agtergekom het daar is wel kuns daarin, maar dis nie die "lekker" kuns vir my nie. Nou stap ek maar weer agter hulle aan.

Re: Klip in die bos/jagveld ... ...

Posted: Fri May 22, 2026 6:18 pm
by BunduRic
Hierdie is my post,

Ek kan heeltemal saam stem, ek het onlangs een gekoop en hy het my Element RF module vervang. Nie eers amper vergelykbaar nie.
Die unit range verskriklik vinnig, die vibration as hy gerange het is awesome, want jy kry immediate terugvoer dat die range gedoen is.
Maklike link met my Kestrel en omdat altwee Applied Balistics is en gebruik is die leasings op altwee die units spot on.

Daai is glad nie vir n jag setup nie, teensy jy voor sit jag doen. Daai is vir kompetisie skiet.

My jag setup is n geweer en n Leica Geovid verkyker en range finder kombinasie in a bino harnas.

Ek is nie gekant teen enige manier van jag nie, want alles het n plek en n rede en iemand wat besluit of hy ok is daarmee of nie.

Alles wat ek gebruik is om my te help om dit so akuraat en vinnig as montlik te doen om die kanse van kwes ten alle koste te vermy. So ja ek gebruik n range finder en dail my scope en ja afhangend van die terrein gebruik ek ook n tripod.