Page 1 of 1

Vortex teleskope

Posted: Wed May 27, 2026 2:55 pm
by Methos
Hi Almal

Ek is hier vir 'n beitjie raad. In ons voorlaaste jag het ons in erge reen gejag - my RTI teleskoop het toe lekker natgeword. Ek het toe ook 'n vark misgeskiet. Die week daarna jag ons toe weer op 'n lekker sonskyn dag - toe ek deur my teleskoop kyk om seker te maak als is Ok toe sien ek die hele ding is mistig.

Later in die dag toe dit bietjie warmer raak toe het dinge beter gelyk. Maar volgens my pa is die teleskoop dood. Nou kyk ek na ander teleskope en ek het nie 'n reuse budget nie. Nou kyk ek na Vortex teleskoop en hulle staan my aan - ek soek nog vir die regte een - ek wil net een met kruishare hê en miskien 'n rooi dot in die middel van die kruishare - nie al die ander afmetings as jy in Angola wil jag maar van hier af nie etc.

Kan julle raad gee? Ek kyk na die wat so lyk:
https://www.meyson.fr/p/22016-11122-lun ... ld_bdc_moa

Miskien so een maar dit sal sker rukkie vat om gewoond te raak aan hom
https://www.meyson.fr/p/16412-lunette-v ... lluminated

Thanks byvoortbaat.

Re: Vortex teleskope

Posted: Wed May 27, 2026 3:27 pm
by Malan123
Ek het vir lank vortex scopes geskiet, maar meestal die Viper reeks. Was dood gelukkig. Crossfire is hulle entry level scopes, maar weet van baie ouens wat hulle skiet sonder enige probleme

Re: Vortex teleskope

Posted: Wed May 27, 2026 7:05 pm
by Pvdw
Ek het 2 Vortex Viper scopes en 'n vêrkyker. Puik glas en meganika vir daai geld en hul diens in SA is uit die boonste rakke. As ek nog scopes moet koop loop ek reguit Vortex se rak toe.

Re: Vortex teleskope

Posted: Wed May 27, 2026 8:29 pm
by Koos Barnard
Methos
Ek gebruik ses Vortex-teleskope. Drie van hulle is Vipers en drie is Razors. Hulle lewer almal uitstekende diens. Die gewere waarop ek hulle gebruik wissel van .22LR tot 2x .30-06. Ek sou nie die Crossfire koop nie. Kry liewer 'n Viper. Ek het vir twee jaar vir Whylo gewerk in SA, hulle is die invoerders van Swarovski en Vortex in Suid-Afrika. Hier is die naverkope diens baie goed. Hoop dit sal dieselfde wees daar by jou in Frankryk.
Mooi loop

Re: Vortex teleskope

Posted: Thu May 28, 2026 4:54 pm
by Methos
Thanks vir die terugvoer ouens - Ek is bly julle sê ek kan daarvoor gaan.

Sal try spaar vir 'n Viper - maar op die stadium maak die €2.50 per liter diesel prys my bietjie gatvol...

Re: Vortex teleskope

Posted: Sat May 30, 2026 2:23 pm
by BenJacobs
Ek het n crossfire op my 7mm-08. Sou graag n viper wou opsit, maar het die crossfire op 'n uitverkoping gekry. Ek is baie tevrede. Skoop is baie beter as my vernuf, dalk as ek beter raak sal ek op gradeer, maar ek kan nie fout vind vir die prys nie.
Groete Ben

Re: Vortex teleskope

Posted: Sat May 30, 2026 4:23 pm
by Capt. Yoda
Kyk daar vir n 3-9 Leupold VX Freedom, baie beter scope