Page 1 of 1

Harris Bipod Stelskroef

Posted: Mon Jun 15, 2026 12:19 pm
by honda2
Goeie middag mense,

Erens tussen die jagveld en die skietbaan het my Harris (6" by 9") bi-pod se stelskroef verloor. Dit is die skroef wat tension veroorsaak tussen die swiwel en die bipod en hy het so lekker groot . Weet iemand waar mens so een kan koop? Ek het by n klompie winkels wat Harris verkoop aangeklop maar dit is nie iets wat hulle aanhou nie. As iemand n ou bi-pod het wat nie meer diens doen nie laat weet dan koop ek die skroef by jou oor.

As ek reg verstaan is die ding se offisieele naam: "Harris Knurled Thumb Screw for Swivel Bipods"


Groete,
Cornelis (Somersetwes)
0Agt2 Twee24 Sewe018

Re: Harris Bipod Stelskroef

Posted: Mon Jun 22, 2026 7:50 pm
by JohanvB
Het jy Camdix probeer?

Re: Harris Bipod Stelskroef

Posted: Tue Jun 23, 2026 8:58 am
by Toxxyc
Anders kan jy probeer om 'n passende gewone skroef of bout te kry, en dan 'n groter kop vir hom te laat 3D print?

Re: Harris Bipod Stelskroef

Posted: Tue Jun 23, 2026 10:40 am
by Methos
Jy kan hom hier bestel dink ek

https://www.bushwear.co.uk/products/har ... for-bipods

Van UK af so gaan paar pond kos vir die posgeld.