Page 1 of 1

.308 Lading Hulp

Posted: Sun Jun 21, 2026 5:25 pm
by Louw.3
Dagsê,

Ek skiet 'n Monza dikloop met die volgende lading:

Punt: 155gn Balistix Target
Dryfmiddel: 42.0gn Vhitavuouri N140
Slagdop: Magtech Large Rifle
Dop: PPU
Dop lengte: 50.94mm (Gesny, chamfered en deburred)
Dop volume: 55.90gn
TPL: 71.12mm
Bullet jump: 4.38mm (Tot op hede het ek op magasyn lengte gelaai)
Loop lengte: 610mm
Loop draai: 1 in 12

Spoed gemeet met 'n Garmin kronograaf oor 10 skote:
Trompsnelheid: 2603fps
SD: 9.8
ES: 34

Ek skiet redelik konstant 'n 5-skoot groep in so 32mm op 100m maar juk vir bietjie hoër spoed en meer akkuraatheid. Ek is bereid om my baan ammunisie te single-feed.

Ek wil graag hoor wat Quickload voorstel vir 'n bietjie hoër spoed.

My GRT berekening stel die volgende voor:
42.2gn - 2615fps
43.9gn - 2717fps


Byvoorbaat dank.

Re: .308 Lading Hulp

Posted: Sun Jun 21, 2026 7:42 pm
by tripodmvr
QL se node berekeninge:-
42.5gr = 2632vps
44.5gr = 2748vps (1/2 node)
46gr = 2830vps Druk 61K psi. Kan drukprobleme lewer.

'n Opmerking - die Balistix koeël is so 2mm langer as 'n Berger 155gr VLD. Jou groefdraai van 1 in 12 kan dalk sukkel met die langer koeël. Kyk wat sy stabiliteitsfaktor is op die hoogte bo seespieel waar jy jou bevind.