Page 1 of 1
180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 1:26 pm
by partner
Middag Almal. Ek hoop en Vertrou dit gaan goed. Ek het Hierdie Naweek gaan Jag. Die 1 Persoon (Ook n Jagter en Herlaai ook.) Sy vraag was. Hy Skiet met (Jag) met n 270. Of daar vir n 270 Kaliber. 180 Grein Koeel Punte Beskikbaar is. My antwoord aan hom was. Dat Ek weet nie of daar 180 grein Koeel Punte Beskikbaar vir n 270 Kaliber is nie. Weet iemand of dit wel so is. En as dit beskikbaar is. Waar die Persoon dit kan Kry. Ek sal Julle Raad Baie Waardeer. Groete en Mooi Dag Verder.
Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 2:06 pm
by Toxxyc
Woodleigh maak 180's, dis 'n laaaaaaang koeël. Sierra maak 'n 175gr en Berger maak 'n 170gr. Die probleem is dat meeste gewere met 'n 1:10 twist kom en nie noodwendig die langer, swaarder koeël mooi sal stabiliseer nie.
Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 2:19 pm
by Capt. Yoda
Die man gaan hom met bollie besig hou, naaste aan so lang swaar koel gaan seker 160gr Partitions wees
Wat gebruik hy tans en hoekom wil hy so waar koel in sy 270 gebruik? Vleis skade
Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 2:32 pm
by Arnold
Klink of hy graag 'n 30-06 wil hê

Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 2:57 pm
by Toxxyc
Arnold wrote: Mon Jun 22, 2026 2:32 pm
Klink of hy graag 'n 30-06 wil hê
Hy het al klaar meeste van die dop, so hy behoort meestal gelukkig te wees.
Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 4:54 pm
by tripodmvr
Die meeste jagkoeëls vir 7mm stop by 175gr waar die groefdraai so 1 in 8.7 is. Ek sien Berger het 'n 170gr jagkoeël vir die 270, maar heelwaarskynlik vir die nuwer stywe groefdraai gewere.
https://bergerbullets.com/product-categ ... 70-caliber
Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Mon Jun 22, 2026 8:37 pm
by Giepie
As dit 270Win is gaan die 180gr, as daar is, nie vir hom werk nie. Op van die ander .277 kalibers soos die 270WSM en 6,8 Western met vinnige twist kan dit dalk werk. Ek begin ook nou dink hy het 'n 30-06 in gedagte.
Re: 180 Grein. 270. Kaliber.
Posted: Fri Jun 26, 2026 9:29 am
by spekieries
'n .270 Met 'n 150 gr projektiel gaan alles doodskiet wat mens met daardie kaliber kan doodskiet. Vandag se koeël kwaliteit is so goed dat jy goeie "mushroom" kry en die patrone breek nie op nie. Vir vleiskade kan mens veral op 'n 150 gr bietjie aflaai tot so 2550 f/s. Daardie trompsnelheid met 'n goeie patroon behoort vleisskade redelik teen te werk.