Page 1 of 1
Lynx teleskoop kruishaar vervang
Posted: Mon Jun 29, 2026 7:50 pm
by Giepie
Ek het 'n Lynx lx2 3,5-10x50 teleskoop met 'n RF kruishaar. Soms is die strepies en kolletjies te klein, so ek sal dit graag wil vervang met 'n SAH kruishaar. Is Lynx nog in bedryf in SA? Ek het al verskeie e-posse vir hulle gestuur om uit te vind oor die vervanging en kry net mooi geen terugvoer van hulle af nie. Of praat hulle net met besighede?
Re: Lynx teleskoop kruishaar vervang
Posted: Mon Jun 29, 2026 9:08 pm
by tripodmvr
Vat die teleskoop na jou naaste geweerwinkel en hoor daar of hulle dit na Lynx kan stuur.
Re: Lynx teleskoop kruishaar vervang
Posted: Tue Jun 30, 2026 8:56 am
by Hano243
Jy kan direk met Lynx gesels in Randburg. Ek het so paar jaar terug n teleksoop vir hulle gestuur en hulle het hom vinnig uit gesort.
Ek het met Glenn Taylor gesels. 011 792 6644
glenn@lynx.co.za.
Re: Lynx teleskoop kruishaar vervang
Posted: Mon Jul 13, 2026 4:12 pm
by Giepie
Jammer, bietjie baie besig gewees. Ek het met Pierre by Wildman Centurion gepraat, hy het van Wildman,wat agente is, 'n e-pos gestuur. Wag nou vir 'n antwoord.
Re: Lynx teleskoop kruishaar vervang
Posted: Fri Aug 14, 2026 7:16 pm
by LouisR
Kan Richard Scheepers probeer as jy nog nie reggekom het nie +27 8 twee 786 049nege