Page 1 of 1

Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Tue Jun 30, 2026 6:12 pm
by Ds J
Goeienaand, het iemand onlangs vanaf Upington oor Calivinia na Kaapstad gery? Hoe lyk die pad?

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Tue Jun 30, 2026 6:31 pm
by tripodmvr

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Tue Jun 30, 2026 8:43 pm
by JF123
Het vandag Kaapstad Calvinia gery N7 via Vanrynsdorp.
Die ergste was padwerke tussen Clanwilliam en Piketberg op die N7. 34km van enkel baan met min tot geen verby steek plekke.

Sal more die korter pad terug ry; Calvinia R364 na Clanwilliam, N7 Kaap

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Tue Jun 30, 2026 10:28 pm
by Ds J
Baie dankie!

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Wed Jul 01, 2026 10:47 am
by JF123
N7 closed this morning between Piketberg and Porterville road. Head-on collision between 2 trucks

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Wed Jul 01, 2026 12:08 pm
by Ds J
Baie dankie vir die antwoorde - dit lyk of daar stuk-tuyk padwerke is, en tussendeur baie vragmotors. Vir die res is dit blykbar n goeie pad om te ry.

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Wed Jul 01, 2026 12:28 pm
by saswart
Dagse DS J, het die pad onlangs gery, en familie en vriende in Keimoes, wat pad ook ry. Pad is mooi, geen werklike slegte gedeeltes soos in Limpopo/Vrystaat elders nie.

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Wed Jul 01, 2026 3:45 pm
by Ds J
saswart wrote: Wed Jul 01, 2026 12:28 pm Dagse DS J, het die pad onlangs gery, en familie en vriende in Keimoes, wat pad ook ry. Pad is mooi, geen werklike slegte gedeeltes soos in Limpopo/Vrystaat elders nie.
Dankie, ek gee so deur.

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Wed Jul 01, 2026 8:57 pm
by Andre308
Die side tipper trokke is baie erg op hierdie pad. Ry verkieslik maar waneer dit daglig is.

Maar min opwinding tussen Keimoes en Calvinia, maar die res van die pad is wereld baie mooi.

Re: Padtoestand Upington - Calvinia- Kaapstad

Posted: Mon Jul 06, 2026 11:00 am
by finch
Het die week CPT -> UPT -> CPT gery. Pad was heel skaflik, hele paar padwerke maar geen wat jou moed breek nie, in teen deel, padwerke beteken in my kop die pad word in standgehou of opgradeer wat vooruitgang beteken.

Daar is wel seker so 10km stuk tussen calvinia en brandvlei wat lyk of daar n lap/mat bo op die teer pad gesit is. Weet enige iemand hoekom of wat die doel daarvan is? Dit het my kop gebreek. Wens ek het n foto geneem...