Page 1 of 1
NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 07, 2026 2:34 pm
by Dawie Malan
Goeie dag
Daar is nuwe Konsepwetgewing gepubliseer oor die beheer van probleemdiere wat elke jakkalsjagter raak. Dit is om die minste te sê, drakonies.
Beswaar en kommentaar moet gemaak word Voor
1 Augustus 2026 aan
dcaguidelines@dffe.gov.za. CC ook jou beswaar aan WRSA by
admin@wrsa.co.za want hulle is besig met kapsie teen die wetgewing.
Skakel na dokument
https://www.dropbox.com/scl/fi/zq6rmv88 ... nk8g7&dl=0
Groete
Daaf Malan
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 07, 2026 7:04 pm
by Capt. Yoda
Wil iemand nie vir die van ons wat bq sukkel met letterheid n opsoming ger nie?
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 14, 2026 3:03 pm
by Dawie Malan
In ‘n Neutedop sê die nuwe wet dat jy ‘n permit mag nodig kry as jy roep en skiet, hokke of ysters stel of ondiere met honde jag. Verder mag jy opleiding benodig om dit te doen of bewys lewer van opleiding as jy vir ‘n permit aansoek doen en ‘n skadebepaling mag gedoen word voor so permit uitgereik word. Rekord moet gehou word van alle skade voor aansoek gedoen word vir ‘n permit. Dan word jy aangeraai om die diere wat jy dood aan te meld.
Jy moet alle jakkalse en rooikatte wat met ‘n koeël geskiet word begrawe en nie naby ‘n waterbron nie. Alle diere gedood moet aangeteken word (plek, geslag, hoeveelheid, dragtigheid), fotos geneem word van, ‘n moontlike inspeksie van owerhede verwag asook ‘n lys van voorkomingsmaatreëls in plek stel.
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Tue Jul 14, 2026 3:25 pm
by Capt. Yoda
Dankie Dawie, ek het so vinnig deur dit gelees en so half dit gesien. Erens sal iemand seker weer n geldjie maak met die sirkus
Re: NUWE KONSEPWETGEWING GEPUBLISEER 2 JULIE 2026
Posted: Wed Jul 15, 2026 10:46 am
by Zuku
Old Hillbilly legend. "If you have gun and a shovel you can sort out your own problems without interfernce from the law"
Maak net alles moeiliker en duurder om iets normaal te doen.