En toe draai die wind...
Posted: Thu Jul 09, 2026 10:23 am
En toe draai die wind…
Soos baie ander jagters het ek lank gelede al die idee gekry om ‘n buffel te jag. Miskien was dit die ou jag boeke gewees, of die stories wat vertel is deur jagters wat al daar was.
Ek het in 2007 my .375H&H gekoop, ‘n Mauser M03 op ‘n linkerhandse aksie. Dit was my tweede jaggeweer, en heel moontlik die eerste .375 wat ek op ‘n linkerhandse aksie gesien het.
In 2010 het ek vir 4 dae naby Hoedspruit gaan jag, en nie ‘n kans gekry op ‘n buffel nie. Toe gebeur die normale dinge van die lewe soos trou en huis koop, en die planne is ver uitgeskuif. In 2022 is ek Pongola toe om weer te prober. Weer 4 jagdae, en ‘n absolute ongelooflike ervaring, maar geen kans op ‘n skoot nie.
In die tweede helfte van 2025 begin ek toe met Rudi Fisher gesels oor die kans om ‘n buffel te jag. Ons sit planne bymekaar, en bespreek die tyd tussen die lang naweke in April en Mei 2026. So maand voor die beplande jag kry ons ‘n verrassing met ‘n ander groep wat in die lodge bespreek is, en die jag moet uitskuif na Julie. Dit was definitief ‘n seëning, want ek kry toe sommer kans om saam met my swear by Steynsburg te gaan jag, en op daardie stadium is die bosveld nog warm, ruig en die pesterlensies soos bosluise en slange krioel.
Soos Julie nader sluip, word die ladings fyner verstel, en die lang ry Limpopo toe uit die Wes-Kaap word beplan, en voor ons weet is ons oppad. Ons vertrek Saterdag 27 Junie uit Somerset-Wes. Die dag ry ons tot by Jonkershoek gasteplaas net buite Kimberley. Wat ‘n ongelooglike plek! Ons het so lekker daar gebly dat ek rede sal soek om weer daar tuis te gaan. Sondagoggend vertrek ons en kom namiddag uiteindelik op die plaas aan wat geleë is op die pad tussen Northam en Koedoeskop.
Met ons aankoms op die plaas word word ons verwagtinge weereens vêr oortref. Die lodge is ruim en mooi, en bied baie gerieflike verblyf, volledige kombuis en in ‘n pragtige omgewing.