Page 1 of 1
458 Express doppe?
Posted: Fri Sep 11, 2026 9:49 pm
by Ds J
Goeienaand, net twv interessantheid - waar kry 'n mens deesdae .458 Express doppe?
Ek weet dat PMP hulle op 'n stadium nog vervaardig het, maar ek het nie meer n kontakpersoon daar nie.
Sal 'n mens na pasmaakstelle moet kyk, soos Bertram of Ken Stewart?
Die doplengte is 76mm - 'n mens kan dus nie 375 of 378 uitblaas nie
Re: 458 Express doppe?
Posted: Sun Sep 13, 2026 10:59 am
by Johan van Wyk
Laat weet gerus as jy 'n .378 se dop na .458 Express vervorm kry. Daar is net een ou wat sulke dinge kan regkry en hy bly in Witbank...
Re: 458 Express doppe?
Posted: Sun Sep 13, 2026 1:37 pm
by Rudi Fischer
Ek het so paar maande terug vir Norma gevra of hulle nie asb vir ons kan 3” Express doppe maak nie.
Die agente het my laat weet dat die boodskap is deur gestuur Swede toe.
Maar ek is seker as ins n paar 1000 bestel sal hulle meer bereid wees om ons te help.
Re: 458 Express doppe?
Posted: Sun Sep 13, 2026 8:23 pm
by Ds J
Ek het nie een nie, maar ek het Prof Koos as kind geken en later weer met hom kontak gemaak en 'n artikel oor die 458-3" geskryf.
Hier is n jong man in die buurt wat oorweeg om n professionele jagter te word - hierdie navraag is dus deel van 'n soektog na die ideale kaliber.
Re: 458 Express doppe?
Posted: Mon Sep 14, 2026 6:56 am
by Rudi Fischer
Ek jag so 20 jaar nou met my Express en baie lief vir die kaliber. Maar deesdae agv die doppe wat n probleem word raai ek mense aan om liewers Lott te gaan.
Die ander groot eksotiese kalibers is nice (soos die 450 Rigby en 460 Wby Mag, 458 African maar doppe is weer aan die duur kant en soms moeilik aan die hande te kry.
Re: 458 Express doppe?
Posted: Mon Sep 14, 2026 7:41 am
by DWB
Die Lott is ekonomies in vergelyking met die res. Op dop koste en kruit.
Met 'n lang magasynkas en free bore kan jy hom lank laai en met die regte kruit is 500gr teen 2300fps doenbaar (Veral uit 'n CZ se lang loop)
Re: 458 Express doppe?
Posted: Mon Sep 14, 2026 8:42 am
by tau
DWB wrote: Mon Sep 14, 2026 7:41 am
Die Lott is ekonomies in vergelyking met die res. Op dop koste en kruit.
Met 'n lang magasynkas en free bore kan jy hom lank laai en met die regte kruit is 500gr teen 2300fps doenbaar (Veral uit 'n CZ se lang loop)
En daai CZ vat 5 rondtes in die magasyn !!!!
.458 Lott is lankal die maklikste en baie doeltreffende grootwild kaliber. Maar nee ons wil mos vreemd wees.
Re: 458 Express doppe?
Posted: Mon Sep 14, 2026 9:08 am
by saswart
Ek skiet ook 'n 458 Express, bitter bitter lekker roer! Doppe kry mens hier en daar. Hy kan Bertram bestel by Bryan Betton ja, R1400/20.