Page 1 of 1
Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Sun Sep 13, 2026 8:27 pm
by Ds J
Goeienaand, 'n jong man hier naby oorweeg om profi-jagter te word.
Wat is die ideale kaliber/s vir n beginnende professionele jagter? (Ek vermoed hy oorweeg om 'n dubbelgeweer te laat bou, maar dit is nie vas nie.)
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Mon Sep 14, 2026 7:13 am
by Rudi Fischer
More Ds.
As hy nou eers n PH gaan word gaan dit hom n rukkie vat om gevaarlike wild gesertiviseerd te word.
Wanneer die manne begin jag as n beroeps jagters gaan hulle maar meestal plains game skiet, en ek is geleer jy skiet nie jou klient se diere nie. So as ek plains game jag met kliente dra ek nie n geweer nie tensy daar gevaarlike wild op die eiendom is waar ons jag.
So vir daai beginer PH sal ek se dalk as hy vlakte jag, n 300wm, (ek gebuik my 338 win mag) en as hy bosvked gaan jag, n 375. N 30-06 sal ook vir alles werk.
As dit kom by gevaarlike wild.
Dink nie hy kan verkeert gaan met n 458 Lott nie.
Het vir 20 jaar met my 458 Express gejag en nou dat ek net buffels jag, het ek n 500 Jeff laat bou.
Dubbels is mooi en eendag as ek groot is sal ek okk een wil het maar net te duur en PH’s maak nie geld nie.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Mon Sep 14, 2026 4:23 pm
by Ds J
Dankie Rudi, ek gee dit so deur.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Mon Sep 14, 2026 9:50 pm
by Ds J
Enkele idees na gesprekke met verskillende beroepsjagters:
- 'n goeie skoot met 'n 375H&H is meer werd as 'n swak skoot met 'n. 500XYZ
- 'n 375H&H se ammunisie is baie beskikbaar
Noordkaap Beroepjagskool is uitsonderlik goed.
Begin by 'n uitruster en werk jou pad boontoe.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 9:17 am
by Eduard Venter
Dit hang maar af watter werk hy gaan doen. As hy Vrystaat vlakte wild gaan jag is die vereistes anders as bosveld buffels.
Ek gebruik meestal my oop visier 375e vir beroepsjag werk.
Aspirant PHe debatteer gewere en kalibers vir ure, terwyl ek dink n verkyker is n veel belangriker stuk toerusting. Dit is waar foute gemaak word wat geld kos
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 9:20 am
by Capt. Yoda
As hy in die Noordkaap is gaan hy seker so nou en dan n bq verder skoot met trek, as hy nie een geweer/kaliber nou wil koop om later gevaarlike wild te volg nie sou ek ook kyk na n 300WM.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 10:05 am
by saswart
Ds J - ek lees "dubbel geweer bou" - nou ek is nie self 'n PH nie, al is helfte van my familie en pelle

- maar ek kan darem gesels oor die roer - 'n geboude dubbel (SA custom van praat ek nou) gee amper altyd probleme, kort kort is daar 1/2 op die mark, vir goedkoop - maar dit was ten duurste gebou... Ek dink nie ons SA geweersmidde het al dubbels bou volmaak nie. Ek staan natuurlik eerste in die ry om jammer te se en my woorde te sluk. Ek dink 'n "goedkoop" dubbel van Mpye soos Chapuis / Merkel ens is baie better as custom geboud tans in ons land.
Dan oor kaliber, 'n 375 sak perfek wees, later as hy dubbel wel kry, kan sy kliente (of hy self) die 375 gebruik vir die donkie werk.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 10:29 am
by Capt. Yoda
Om so half aan te sluit, ek prtaat nou nie van net PHe of alle skuts nie maar oor die algemeen die meeste mense wat ek nog gesien het skiet nie so baie goed met regte grtoot kaliber dubbles nie. Yes almal wil n mooi dubble he maar ek dink n lekker CZ met met bq kolf werk in n regte groot kaliber is n baie beter call vir n jong PH, ek kan natuurlik heel verkeerd ok wees, dit het al gebeur.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 10:56 am
by tau
Capt. Yoda wrote: Tue Sep 15, 2026 10:29 am
Om so half aan te sluit, ek prtaat nou nie van net PHe of alle skuts nie maar oor die algemeen die meeste mense wat ek nog gesien het skiet nie so baie goed met regte grtoot kaliber dubbles nie. Yes almal wil n mooi dubble he maar ek dink n lekker CZ met met bq kolf werk in n regte groot kaliber is n baie beter call vir n jong PH, ek kan natuurlik heel verkeerd ok wees, dit het al gebeur.
CZ 550
.458 Lott
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 11:29 am
by Bushwack
ai die manne met die groot gewere darem...458 lott, 470NE, 500's, wild cats...blah blah blah...
Baie jagters met hulle groot gunne, skiet soos hulle g.tte
die maklikste aanbeveling is vir ' n up-and-comming PH: onthou hierdie man moet nog plek kry om te kan jag met buitelandse kliente, baie moeilik vandag vir up and commings...
PG tot op Eland - enige geweer soos 308 / 30-06 / 300
DG - 375 H&H
sodra hy nou 'n expert word' dan kan hy nou sy bou geweer of kanon kry om gate in diere te sit sodat die taxidermy dit kan toe stop...

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 11:32 am
by Ds J
Goeiemôre Kêrels, julle laat 'n man lekker lag!
Ek gee so deur, baie dankie.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 3:32 pm
by tau
Bushwack wrote: Tue Sep 15, 2026 11:29 am
ai die manne met die groot gewere darem...458 lott, 470NE, 500's, wild cats...blah blah blah...
Baie jagters met hulle groot gunne, skiet soos hulle g.tte
die maklikste aanbeveling is vir ' n up-and-comming PH: onthou hierdie man moet nog plek kry om te kan jag met buitelandse kliente, baie moeilik vandag vir up and commings...
PG tot op Eland - enige geweer soos 308 / 30-06 / 300
DG - 375 H&H
sodra hy nou 'n expert word' dan kan hy nou sy bou geweer of kanon kry om gate in diere te sit sodat die taxidermy dit kan toe stop...
Die man wil 'n dubbel laat bou, budget is nie sy probleem nie, dit is terughou. En jy weet van terughou bou jy pressure op.
Groot gunne is nie die probleem nie, dit is die onvermoë om konstant te kan flinch.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 3:36 pm
by tau
Snaaks vir my is hoe PH moet begin met .375 en dan later in sy lewe dra hy 'n .505 Gibbs. Jy is moet mos beter raak nie swakker nie?
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 4:43 pm
by HunterB
6.5 Creedmoor
…jammer ek moes net
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Tue Sep 15, 2026 10:00 pm
by Eduard Venter
tau wrote:Snaaks vir my is hoe PH moet begin met .375 en dan later in sy lewe dra hy 'n .505 Gibbs. Jy is moet mos beter raak nie swakker nie?
'n beginner ph jag nie gevaarlike wild nie. Die 375 word meestal gebruik om gekweste diere van enige hoek en deur enige bos dood te skiet. Soos sy vaardigheid en behoefte (en finansiële situasie) verander kan hy beslis kyk na ander opsies. 'n 375 skiet wel n buffel baie dood.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 8:52 am
by Wouter Roets
More Manne
Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie veel beter vir die taak nie.
Groetnis
Wouter
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 9:01 am
by tau
Eduard Venter wrote: Tue Sep 15, 2026 10:00 pm
tau wrote:Snaaks vir my is hoe PH moet begin met .375 en dan later in sy lewe dra hy 'n .505 Gibbs. Jy is moet mos beter raak nie swakker nie?
'n beginner ph jag nie gevaarlike wild nie. Die 375 word meestal gebruik om gekweste diere van enige hoek en deur enige bos dood te skiet. Soos sy vaardigheid en behoefte (en finansiële situasie) verander kan hy beslis kyk na ander opsies. 'n 375 skiet wel n buffel baie dood.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Deur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek krap julle gatte.
My eerste ervaring van Grootvyf as 16 jarige was die een PH se .375 Brno al blink gevat. Hy het op daardie stadium meer as 50 olifante gejag en was oortuig daai .375 was al wat hy benodig. Ek het ook een en hy skiet Buffels raak met solids

.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 9:02 am
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Wed Sep 16, 2026 8:52 am
More Manne
Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie beter vir die taak nie.
Groetnis
Wouter
Nou gaan jy vir Tau heel uit sy vel he
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 9:06 am
by Toxxyc
tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:01 amDeur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek het so paar jaar terug 'n artikel gelees in 'n tydskrif (ek dink dit was die SA Jagter) waar 'n man barriers gebou het met allerhande goeters - gras, takkies, stokke, ens. en die resultate was, as ek reg onthou, dat as die grasse en goete naby aan die bok is, dan skiet jy sommer deur alles.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 9:20 am
by tau
Wouter Roets wrote: Wed Sep 16, 2026 8:52 am
More Manne
Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie beter vir die taak nie.
Groetnis
Wouter
Ek is nie nie 'n PH nie maar ek loaf mos maar op ander manne se Buffel jagte hier agter rond en ek dra 'n Ruger Alaskan. Ek skiet ook graag hulle buffels met die kort geweertjies.

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 9:21 am
by tau
Toxxyc wrote: Wed Sep 16, 2026 9:06 am
tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:01 amDeur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek het so paar jaar terug 'n artikel gelees in 'n tydskrif (ek dink dit was die SA Jagter) waar 'n man barriers gebou het met allerhande goeters - gras, takkies, stokke, ens. en die resultate was, as ek reg onthou, dat as die grasse en goete naby aan die bok is, dan skiet jy sommer deur alles.
Jy het nie mooi gelees nie.....
Was Oom Koos se artikel en hy het bewys takke is nie jou maat nie.....
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 9:23 am
by tau
Capt. Yoda wrote: Wed Sep 16, 2026 9:02 am
Wouter Roets wrote: Wed Sep 16, 2026 8:52 am
More Manne
Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie beter vir die taak nie.
Groetnis
Wouter
Nou gaan jy vir Tau heel uit sy vel he
Wouter is slim, hier bewys hy dit weer.
Ek dra die klein roertjies want ek is sag onthou.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Wed Sep 16, 2026 10:37 am
by Toxxyc
tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:21 am
Toxxyc wrote: Wed Sep 16, 2026 9:06 am
tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:01 amDeur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek het so paar jaar terug 'n artikel gelees in 'n tydskrif (ek dink dit was die SA Jagter) waar 'n man barriers gebou het met allerhande goeters - gras, takkies, stokke, ens. en die resultate was, as ek reg onthou, dat as die grasse en goete naby aan die bok is, dan skiet jy sommer deur alles.
Jy het nie mooi gelees nie.....
Was Oom Koos se artikel en hy het bewys takke is nie jou maat nie.....
Dan onthou ek hom sommer heeltemal verkeerd. Ek dink dit hang maar af hoe ver die bok agter die takke staan, as ek reg onthou. Of ek onthou 'n ander toets.
Iedergeval, skiet wat jy kry met wat jy het, sou ek seg.
Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?
Posted: Thu Sep 17, 2026 12:00 am
by Eduard Venter
tau wrote:
Deur bosse!!!
Hoe dikker die tak voor die bok hoe harder moet jy die sneller trek
Sent from my SM-G780F using Tapatalk