Page 1 of 1

Eerste met 'n boog.

Posted: Wed Sep 16, 2026 3:51 am
by BenJacobs
Ek plaas maar my jag stories hier, ons seisoen maak nou oop en julle sin is aan die afsluit.

Hopelik kan ek nog 'n paar hier kom vertel. Ons Mule deer boog seisoen het vandag oop gemaak en ek het my boog oor die laste ruk mooi uitgesorteer.

Vanaand het ek n draai gaan ry om te kyk waar die bokke loop sodat ek 'n plan kan maak. So paar ooie in die staande Canola gekry, maar niks ramme nie. Ons mag slegs ramme skiet.

Met my terug ry huis toe kry ek 'n cyote wat drafstap oor die pad. Hulle is maar nes ons jakkalse, so boere gee nie om as jy hulle skiet op hulle grond nie. Ek besluit toe om te probeer en hy steek vas op so 40m, "quartering away" pyl is net net foor die heup in en by die bors uit. Nog nie my mule deer nie maar darem 'n eerste met die boog.

Groete Ben

Re: Eerste met 'n boog.

Posted: Wed Sep 16, 2026 4:15 am
by Toxxyc
Daai is uniek. Mooi man!

Re: Eerste met 'n boog.

Posted: Wed Sep 16, 2026 7:51 am
by henried
Te mooi.
Hoop jy kry daai Mule deer.

My eerste met die boog was 'n volstruis.

Re: Eerste met 'n boog.

Posted: Wed Sep 16, 2026 12:30 pm
by partner
Daarshy. Geluk ook Ben. Mooi Skoot.