Page 1 of 1

270 met swaarder koeëls.

Posted: Thu Sep 24, 2026 8:29 am
by Philip J
More almal

Watter Vithavouri sou jy aanbeveel vir 140 of 150gr koeëls in 270?

As 'n reël skiet ek nie sommer verder as 300m op wild nie, maar ek sal wel 'n gong wil lui tot 500m.

Die geweer het 'n 22 duim loop, en 1:10 groefdraai.

Tot nou toe het ek 130gr geskiet met N550, wat goed gewerk het in die korter loop.

Ek wil nou iets anders probeer want sommer ++>:

Re: 270 met swaarder koeëls.

Posted: Thu Sep 24, 2026 9:12 am
by Capt. Yoda
Tussen daai 2 N150 maar al 2 is eintlik te vinnig vir n 270

Re: 270 met swaarder koeëls.

Posted: Thu Sep 24, 2026 10:51 am
by Rudi Fischer
Ek het fantastiese ruseltate gekry met N560 en 150gr
IMR 4350 werk ook baie goed


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 270 met swaarder koeëls.

Posted: Thu Sep 24, 2026 10:55 am
by jdpretorius
Ek't nog nie geloer wat werk vir n 22" loop nie, maar N160 of N165 kan jy dalk na loer.
In terme van dop %fill vs speod & %burn was N165 die beter van die twee
Met n standaard loop is H4831 n baie mooi combo met 140g pitte

Edit: soos Rudi sê N560 n goei kos vir n 270 en seker die naaste aan S365 maar hy brand baie warm, so ek't iets gesoek wat bietjie koeller verbrand


Sent from my SM-A536E using Tapatalk



Re: 270 met swaarder koeëls.

Posted: Fri Sep 25, 2026 9:20 am
by Philip J
Dankie almal

Die geweerwinkel in die dorp het N555 en H4350

Ek gaan 145gr ELD-X probeer

Julle keuse tussen die twee?