Page 1 of 1
Ingevoerde kruit ladings?
Posted: Sun Sep 27, 2026 1:19 pm
by Neels Louw
Ek wil die eerste keer begin herlaai vir my .243 Tikka T3 met 1 in 8 twist loop. My gekose punt is die 80gr nosler ballistic tip en ek wil met n ingevoerde kruit laai. Nou is dit so dat ek alle spoed verwysings vergelyk met Somchem S365 omdat ek dit ken en weet dat die setup van my met S365 rondom 3200 vt/s behoort te gee. My vraag is nou met die verskeie oorsese kruit handleidings die ladings vir my baie konserwatief is. My 3 kruite wat ek sover kon bepaal moontlik my keuse gaan wees is in volgorde sover H4350, Varget en Vihtavuori N150. In Vihtavuori se handleiding gee hulle bv n 80gr Hornady FMJ punt se beginlading en spoed as 31.8gr en 2756 vt/s en die max lading en spoed as 37.5gr en 3107 vt/s. Myn insiens is dit baie konserwatief. Ek het wel in die Hodgdon handleiding gesien dat daar vir die 80gr Nosler punt vir Accurate4350 kruit wat baie naby aan H4350 se "burn rate" is, die vlg data is min lading en spoed 42.6gr en 3140 vt/s en max lading en spoed is 47.3gr en 3436vt/s. My vraag nou is hoe maak ek? Laai ek nou n veilige gepubliseerde lading en kyk op GRT wat my nodes is en werk daarvolgens? Wat dink julle van die Accuarte4350 se lading en Vihtavuori se lae ladings en spoed?
Re: Ingevoerde kruit ladings?
Posted: Sat Oct 03, 2026 7:38 pm
by Boomstomp
Hi Neels
Het jy al vantevore gelaai vir ander gewere, of is dit jou eerste keer begin herlaai?
In ieder geval sou ek sterk aanbeveel jy werk met die gepubliseerde ladings, kalibreer GRT en gaan van daar af; dit is verreweg die veiligste benadering.
Persoonlik begin ek egter nie by die minimum ladings wat gepubliseer word deur Vihtavuori/vervaardigers nie, ek begin bietjie onder die maksimum.
As maksimum lading 37,5gr is sou ek 3 patrone toets op 36.5gr en spoed lees. As spoed hoër is as wat hulle publiseer, stop eers en kalibeer volgende toetse.
Vir my 243 het ek altyd effe langer TPL gelaai as wat handleidings het (my keel laat daarvoor toe), so eks altyd effe stadiger as spoed wat vervaardigers gee.
Na kalibrasie van GRT/QuickLoad kan mens lekker ladder skiet.
Ek vind my 243W is gelukkigste by 52k-56k PSI, bo dit raak hy bietjie te temperatuursensitief (op warm dae neem druk eksponensieel toe dan skiet hy bont en die druk kan probleem raak).
Ek skiet Vihtavouri se N550, wat teoreties effe vinniger spoed behoort te lewer as net N150, miskien ten koste van klein bietjie looplewe... teoreties.
Re: Ingevoerde kruit ladings?
Posted: Sun Oct 04, 2026 11:37 am
by tau
Lekker plek waar jy nou is die ontdekking van herlaai!!!
Jis as jy daardie eerste patroon klaar op jou eie gerol het en aanskou!!!
Ek skiet Howa 1500 .273 87gr Vmax met V n550 gemaklik anderkant 3200 fps