Page 1 of 1
Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Mon Sep 28, 2026 3:40 pm
by Ds J
Ons het enkele granaatbome wat goed dra, maar die vrugtevlieë en ander peste maak baie skade.
Is daar n natuurlike of half-gesonde middel om op die bome en. vruggies te spuit wat die goggas weghou?
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Mon Sep 28, 2026 8:16 pm
by Friedland
GF120. Op klein maat is verkoop Efekto dit as Eco Fruitfly Bait GF120. Dis n spinosad. Heel organies. Checkers behoort dalk te he anders kooperasie
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Mon Sep 28, 2026 10:15 pm
by Ds J
Baie dankie
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Tue Sep 29, 2026 8:56 am
by Toxxyc
Ek weet dis nou dalk nie gesond nie, maar ek spuit cypermethrin. Dit het 'n baie kort leeftyd (iets soos 8 dae), is hoogs oplosbaar in water (so dit was maklik af) en dis 'n baie breed effektief. Maar jy moenie spuit waar nog bloeisels is nie. Net vrugte, anders sal die bloeisels nie ontwikkel nie.
Nou voëls, dis 'n ander saak...
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Tue Sep 29, 2026 9:49 am
by Ds J
Ek sal graag deel met die voëls, maar dis moeilik om n vrot vruggie te deel

Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Tue Sep 29, 2026 10:52 am
by toxicsox
Cypermethrin maak ongelukkig jou bye dood asook die ladybirds (ladybugs). Buite bloeityd is daar wel minder bye maar die ladybirds is op jou bome en beheer jou plantluise en dopluise. Dit is maar 'n Catch 22 daai. Die dopluise en plantluise kom baie vinnig weer terug na leeftyd en dan is daar nie Ladybugs om hulle te beheer nie. Jy moet maar self opweeg en besluit. Hou ook weg van water en jou diere.
So jou vraag:" Gesonde spuitstof..." - Nee Cypermethrin is nie gesond nie.
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Tue Sep 29, 2026 11:53 am
by Toxxyc
Ds J wrote: Tue Sep 29, 2026 9:49 am
Ek sal graag deel met die voëls, maar dis moeilik om n vrot vruggie te deel
Wag tot jy vir 2 dae nie tuis is nie en terugkom net om te sien die loeries, muisvoels en tiptolle het die helfte van jou boom (so 12kg) se appelkose letterlik elke enkele een afgevreet. En dis vrek lekker appelkose gewees...
Re: Gesonde spuitstof vir vrugtbome?
Posted: Tue Sep 29, 2026 4:14 pm
by toxicsox
Plant nog ‘n appelkoosboom.